S­lim­kaar­te ook vir húl­le

Beeld - - Nuus - – P­hil­da Es­sop

Kaap­stad. – Meer Suid-A­fri­ka­ners sal van Maan­dag af by ’n bank om hul slim­kaart-ID en pas­poort aan­soek kan doen.

Tot dus­ver kon slegs men­se tus­sen 30 en 35 jaar van dié diens by 12 tak­ke van Ab­sa, FNB, S­tan­dard Bank en Ned­bank, in Gau­teng en die Wes-Kaap ge­bruik maak.

Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van bin­ne­land­se sa­ke, het gis­ter ge­sê die ban­ke sal nou men­se van tus­sen 25 en 40 jaar kan help.

Ver­skeie op­sies, soos mo­bie­le een­he­de en ki­osks, word vol­gens hom on­der­soek om dit vir Suid-A­fri­ka­ners ge­rief­li­ker te maak om diens­te by die de­par­te­ment te kry.

“As men­se hul be­las­ting­op­ga­wes van die huis af kan in­dien, waar­om kan hul­le nie op die­self­de wy­se her­aan­soek doen vir ’n IDslim­kaart of pas­poort nie?”

Gi­ga­ba sê pas­poor­te vir min­der­ja­ri­ges met die ou­ers se na­me soos dit op die ge­boor­te­ser­ti­fi­kaat ver­skyn, sal be­kend ge­stel word. ’n Aan­kon­di­ging in dié ver­band sal bin­ne­kort ge­doen word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.