‘E­go­li’ se Niek nou Chris in ‘7de Laan’

Beeld - - Nuus - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

Die Wel­mans is te­rug in die Laan.

Hoe­wel 7de Laan- ky­kers in Ju­nie vir die eer­ste keer met dié nu­we ge­sin in Hill­si­de gaan ken­nis maak, is die Wel­mans ’n ge­sin wat eint­lik lank ge­le­de, voor­dat 7de Laan nog op die kas­sie was, in Hill­si­de ge­woon het. En nou is hul­le te­rug.

Chris Wel­man, sy vrou, Ma­ri­aan en hul drie kin­ders, Ric­kus, A­lexa en A­mo­rey, gaan stuk-stuk in Ju­nie hul ver­sky­ning maak.

Da­vid Rees, wat ver­al be­kend is om sy rol as Niek Nau­dé in die des­tyd­se M-Net-se­pie E­go­li, ver­tolk die rol van sa­ke­man Chris.

“Hy is ’n ou met ’n sterk per­soon­lik­heid, ’n sa­ke­man wat ’n oog het vir ’n goeie de­al,” sê Rees oor sy nu­we ka­rak­ter. Hy is al se­dert A­pril be­sig met ver­fil­ming op die 7de Laan- stel.

“Dit is lek­ker om weer ’n roe­ti­ne te hê en doel­wit­te te kan stel,” sê Rees oor die nu­we hoof­stuk wat vir hom voor­lê. “Ek was so lank in E­go­li en ek moes daar­op let om van die ou ka­rak­ter se ge­woon­tes af te leer.”

Vol­gens Dei­r­d­re Wol­hu­ter, wat die rol van Ma­ri­aan ver­tolk, gaan die nu­we ge­sin lek­ker dra­ma en baie nu­we sto­rie­ly­ne bied.

“Sy (Ma­ri­aan) is soos die mees­te ma’s baie lief­de­vol en baie am­bi­si­eus – nie net vir haar­self nie, maar ook vir haar man en kin­ders. Sy het ook haar eie ge­raam­tes in die kas.”

Wol­hu­ter sê die “ge­sin” moes ook saam ou­di­sies af­lê so­dat die ver­vaar­di­gers kon sien of hul­le goed saam­werk. “Ons bring baie tyd saam weg van die ka­me­ra deur. So, ons wat ’n bie­tjie ou­er is, raak som­mer be­sker­mend oor die jon­ger ak­teurs wat ons kin­ders is.” Sy sê sy ge­niet dit om deel van die “7de Laan- fa­mi­lie” te wees. “Dit is die ge­voel op stel wat ook vir my deur­slag­ge­wend was toe ek die aan­bod ge­kry het.”

An­dré Lot­ter, wat die rol van Ric­kus, ’n kra­ni­ge ten­nis­spe­ler en die oud­ste kind in die ge­sin, ver­tolk, was nog tot on­langs toe as Li­am in die kykNET-se­pie Vil­la Ro­sa te sien. “Dit is lek­ker om ’n slag ’n goeie ou te speel.”

Hy meen se­dert hy ver­le­de jaar in Au­gus­tus klaar­ge­maak het met die ver­fil­ming van Vil­la Ro­sa, het hy ge­noeg tyd ge­had om Li­am te laat gaan en af­stand te kry van die ka­rak­ter.

“Men­se gaan dalk nog my ge­sig her­ken, maar ek dink nie hul­le gaan Li­am raak­sien nie.”

Ca­ri­na Nel, wat in Ge­ne­ra­ti­ons te sien was, ver­tolk die rol van A­lexa, ’n me­die­se dok­ter wat as kind deur Va­nes­sa (Ing­rid Pau­lus) op­ge­pas is, en K­ris­ten Raath ver­tolk die rol van A­mo­rey, die jong­ste kind en haar pa se oog­ap­pel. Nel sê sy kan die heel eer­ste e­pi­so­de van 7de Laan nog ont­hou. “Dit was ’n groot e­vent in ons huis toe 7de Laan be­gin het. So, om nou self hier te wees, is on­ge­loof­lik.”

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Da­vid Rees ge­sels oor sy nu­we rol in 7de Laan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.