EFF boos oor hoe wag­te vroue­LP rond­ruk

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

S­kerm­greep: PAR­LE­MENT Die EFF is ver­ont­waar­dig oor die ma­nier waar­op sy le­de, ver­al vrou­e­le­de soos P­rim­ro­se Son­ti, ’n LP van Ma­ri­ka­na, eer­gis­ter deur le­de van die par­le­men­tê­re be­sker­mings­diens rond­ge­ruk is.

Adv. Da­li M­po­fu, EFF-voor­sit­ter, het gis­ter ge­sê Son­ti is e­mo­si­o­neel en lig­gaam­lik be­seer.

“Uit die fo­to’s (skerm­gre­pe van beeld­ma­te­ri­aal) wat be­skik­baar is van die voor­val kan dui- de­lik ge­sien word hoe sy rond­ge­ruk is. Die par­le­ment se be­sker­mings­diens kan vroue nie so rond­pluk nie,” het M­po­fu by na­vraag ge­sê.

Geen klag gaan eg­ter by die po­li­sie in­ge­dien word nie.

“Ons gaan nie ’n klag aan­han­gig maak nie. Dit is net tyd­mors.

“Die vo­ri­ge keer toe een van ons LP’s, Ren­ei­loe Mas­ha­be­la, erns­tig be­seer is ten ty­de van ’n uit­set­ting, het ons ’n klag by die po­li­sie aan­han­gig ge­maak. Daar het niks van ge­kom nie.”

Son­ti kon nie vir kom­men­taar be­reik word nie.

Die Marks­ge­bou in die par­le­ment, waar die EFF-LP’s se kan­to­re ge­leë is, was gis­ter graf­stil. Hul­le is in­ge­vol­ge die par­le­men­tê­re re­ëls ou­to­ma­ties vir vyf werk­dae ge­skors om­dat hul­le uit die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring ge­gooi is.

In­tus­sen het die DA ge­vra dat die par­le­ment die re­ke­ning vir die op­rui­ming en her­stel­kos­te vir ska­de aan par­le­men­tê­re ei­en­dom na die EFF stuur.

’n Deur van die Ou Volks­raad­saal is ge­kraak na­dat ’n groep EFF-on­der­steu­ners op pad uit die ge­bou on­der meer ’n vul­lis­drom daar­teen ge­gooi het.

John Steen­hui­sen, DA-hoof­sweep, het ge­sê die EFF se ge­weld en ver­woes­ting is ’n on­aan­vaar­ba­re ma­nier om Zu­ma ver­ant­woord­baar te hou aan­ge­sien dit die in­te­gri­teit van die par­le­ment on­der­myn en ’n aan­slag op die Grond­wet is.

Die par­le­ment het die “voor- val­le van ge­weld teen die par­le­men­tê­re vei­lig­heid” en die be­ska­di­ging van o­pen­ba­re ei­en­dom ver­oor­deel. ’n Klag van kwaad­wil­li­ge saak­be­ska­di­ging is by die po­li­sie in Kaap­stad aan­han­gig ge­maak.

M­po­fu het in re­ak­sie daar­op ge­sê dié klag is “’n klomp twak”.

“Daar was ’n on­uit­ge­lok­te aan­val op en aan­ran­ding van ons men­se. Die be­lang­rik­ste per­soon teen wie hul­le ’n klag moet in­dien, is Zu­ma.”

P­rim­ro­se Son­ti, EFF­LP, was eer­gis­ter een van die EFF­LP’s wat hard­han­dig deur die par­le­men­tê­re be­sker­mings­diens uit die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring ver­wy­der is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.