Nam­po: Pot se dek­sel vang nuus­kie­ri­ge a­gies

Beeld - - Nuus - – El­sje Wal­deck

Bloem­fon­tein. – Die af­ge­lo­pe so­wat agt jaar is daar el­ke jaar ’n boe­re­pa­tent op die Nam­po-oes­dag wat nuus­kie­ri­ges op hul neus laat kyk.

En el­ke jaar lê Ber­tus Goo­sen, ’n boer van Mat­la­keng in Botswa­na, soos hy lag.

Van­jaar het sy “spe­si­a­le pot” hon­der­de be­soe­kers laat wip van die skrik. Dit het ’n toe­ter, ska­ke­laar en bat­te­ry. Lig jy die dek­sel, maak dit ’n heng­se la­waai.

“Men­se kan dit net nie uit­los nie,” sê hy.

’n Klomp skool­seuns het hul­le al voor die pot sit­ge­maak net so­dat hul­le kan sien wan­neer ie­mand uit­ge­vang word. Goo­sen stal sy pa­ten­te al die af­ge­lo­pe 18 jaar uit.

“Maar die men­se kar­ring mos aan ’n man se goed.

“Al sit jy ’n bord­jie op om te sê hul­le mag nie daar­aan raak nie, sal hul­le steeds. Een jaar het een van my pa­ten­te ge­breek.”

Dit is toe hy be­sluit het hy wil die men­se ’n les leer.

Ou­er vroue is vol­gens hom die nuus­kie­rig­ste.

“Hul­le kom met ’n frons na­der ge­stap en be­kyk die ding eers. Som­mi­ge van hul­le kan nog­al le­lik praat wan­neer hul­le skrik.”

Van die an­der poet­se wat hy in vo­ri­ge ja­re ge­bak het, is ’n fo­to-al­bum wat jou skok wan­neer jy daar­deur blaai en ’n boks wat men­se se broe­ke nat­spuit wan­neer hul­le ’n knop­pie aan­hou druk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.