Fiets­ry­er aan­ge­val

Boe­we slaan nou toe op Fort Klap­per­kop

Beeld - - Nuus - Le­an­ne Ge­or­ge

P­re­to­ria. – Ter­wyl vei­lig­heids­maat­re­ëls in die Groen­kloof-na­tuur­re­ser­vaat hier ver­skerp word, is nóg ’n fiets­ry­er die na­week by die aan­gren­sen­de Fort Klap­per­kop aan­ge­val.

Die man is Sa­ter­dag­og­gend aan­ge­val, oor die kop ge­slaan en van sy fiets be­roof.

Hy was in ’n ko­ma, maar sterk tans in die hos­pi­taal aan.

“Ons is be­wus van die pro- ble­me by Fort Klap­per­kop en pa­trol­leer ge­reeld daar,” sê sers. Asnath Ma­lat­si, po­li­sie­woord­voer­der.

“’n Po­li­sie­voer­tuig ry el­ke dag ’n draai daar om se­ker te maak al­les is reg. Maar ons pro­beer men­se waar­sku om nie som­mer daar­heen te gaan nie.

“Dit is ge­vaar­lik en men­se moet op hul hoe­de wees.”

Dié voor­val kom skaars ’n week na­dat die Tshwa­ne-me­tro­raad op ’n ge­meen­skaps­ver­ga- de­ring on­der­neem het om die Groen­kloof-na­tuur­re­ser­vaat te be­vei­lig deur die len­de­lam om­hei­ning reg te maak, kring­te­le­vi­sie­ka­me­ras te in­stal­leer en ge­reel­de pa­trol­lies te re­ël.

T­rish S­chee­pers, voor­sit­ter van Sek­tor 4 van die Brook­lyn­ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum (GPF), en Ro­brecht Try­hou, voor­sit­ter van die Vrien­de van die Groen­kloof-na­tuur­re­ser­vaat, is dit eens boos­wig­te skuif na Fort Klap­per­kop om­dat stren­ger vei­lig­heids­maat­re­ëls on­langs by Groen­kloof in wer­king ge­tree het.

Boos­wig­te kan mak­lik rond­be­weeg tus­sen dié ge­bie­de, aan­gren­sen­de woon­buur­te en paaie soos Ge­or­ge S­tor­rar­weg en die R21.

“Mis­daad by die Fon­tei­ne­sir­kel (na­by Fort Klap­per­kop en Groen­kloof) is ’n groot pro­bleem om­dat dit mak­lik is vir gryp­die­we om deur die be­bos­te ter­rein daar na­by na Fort Klap­per­kop te vlug,” sê S­chee­pers. “Ons het Son­dag ’n o­pe­ra­sie by Fort Klap­per­kop ge­hou en op ’n hoop hand­sak­ke, sel­fo­ne, ta­blet­te en kre­diet­kaar­te in die bos­se af­ge­kom.”

Try­hou sê: “Die lang­ter­myn­op­los­sing is om van die he­le om­ge­wing ’n groen­ge­bied te maak en die ver­skil­len­de kul- tu­re­le ter­rei­ne en na­tuur­re­ser­va­te met om­hei­nings met me­kaar te ver­bind.”

Hy sê hul­le werk saam met die me­tro om die he­le om­ge­wing, wat Fort Klap­per­kop, die Groen­kloof-na­tuur­re­ser­vaat, Fort S­chans­kop (langs die Voor­trek­ker­mo­nu­ment) en die aan­gren­sen­de paaie in­sluit, stel­sel­ma­tig te be­vei­lig.

Hy sê dit kan bin­ne ’n jaar ge­doen word en nóg paaie kan met­ter­tyd ge­bou en roe­tes uit­ge­lê word.

“Dit sal toe­ris­me ook be­vor­der.”

Daar is oor ’n week weer ’n ver­ga­de­ring met die me­tro­raad en dié voor­stel sal die hoof­fo­kus wees.

Fo­to: THAPELO MAPHAKELA

’n Fiets­ry­er oe­fen gis­ter­mid­dag by Fort Klap­per­kop in P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.