Wag er­ken dat hy in Pta­ge­bou ver­moor

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’n Vei­lig­heids­wag wat sy mei­sie in ’n kan­toor­ge­bou in P­re­to­ri­aOos ver­moor en haar lyk in ’n win­kel­trol­lie ver­steek het, sê hy sal die straf aan­vaar wat hom toe­kom.

Se­fi­so Jo­han­nes Hlats­wa­yo (34) het voor reg­ter Ts­hif­hi­wa Mau­me­la in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria skuld be­ken op aan­klag van moord en regs­ver­y­de­ling.

Sy toe­sig­hou­er by die kan­toor­ge­bou, T­hem­ba T­ho­mas Nhla­po, het skuld ont­ken. Hy word ook van ver­krag­ting aan­ge­kla en word op 10 Ok­to­ber ver­hoor.

Die slag­of­fer, Moy­a­ga­bo Re­gi­na Le­be­pe (35), is op 11 Sep­tem­ber 2014 in die Men­lyn Woods­kan­toor­ge­bou ver­wurg. Broe­kie­kou­se is twee keer om haar ge­sig ge­draai.

Hlats­wa­yo het in ’n pleit­ver­dui­de­li­king ge­sê Le­be­pe het dié dag na sy werk­plek ge­kom.

“My toe­sig­hou­er het my toe­ge­laat om ’n bie­tjie tyd saam met haar deur te bring.

“La­ter het my toe­sig­hou­er my ver­soek om hom ook ’n guns te be­wys deur hom toe te laat om seks met my mei­sie te hê. Ek het ge­wei­er. My mei­sie het ook sy toe­na­de­ring ge­wei­er. Ek weet my toe­sig­hou­er wou seks met my mei­sie hê.”

Vol­gens Hlats­wa­yo het Nhla­po hom op­drag ge­gee om “klok­werk” te gaan doen. Hy het sy mei­sie daar ge­los, we­ten­de wat Nhla­po wou hê. Hy was tus­sen 30 en 35 mi­nu­te weg. By sy te­rug­keer het sy mei­sie met Nhla­po ge­stry. Sy het ge­dreig om ’n klag van ver­krag­ting teen hul­le in te dien.

“Ek was baie bang. Ons het toe be­sluit om haar dood te maak. Ek het haar han­de ag­ter (haar rug) ge­hou en my toe­sig­hou­er het haar ge­wurg tot­dat sy dood was,” sê Hlats­wa­yo.

“Ek het die trol­lie gaan haal. Toe ek te­rug­kom, het my toe­sig­hou­er haar lyk al in ’n kom­bers toe­ge­draai.”

Hul­le het die lyk in die trol­lie ge­sit. Hy het die trol­lie na ’n af­ge­son­der­de ge­bied ge­stoot “waar daar ’n paar straat­kin­ders was”.

Hy word op 26 Mei ge­von­nis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.