Ge­reg­te­li­ke on­der­soek na moord op A­ni­ka S­mit gaan eers in Ju­lie voort

Beeld - - Nuus - – Han­ti Ot­to

P­re­to­ria. – Die ge­reg­te­li­ke on­der­soek na die moord op die 17ja­ri­ge A­ni­ka S­mit sal eers in Ju­lie in die land­dros­hof in P­re­to­ria-Noord voort­gaan.

Da­mi­an T­ree­by (24) moes gis­ter in­der­haas hof toe gaan waar hy op­drag ge­kry het om by die vol­gen­de hof­sit­ting teen­woor­dig te wees.

T­ree­by is eer­gis­ter amp­te­lik in­ge­sluit by die groe­pie so­ge­naam­de be­lang­heb­ben­des: A­ni­ka se pa, Jo­han S­mit, en haar eks­kê­rel, Ni­co Ven­ter.

Land­dros Pier­re Wes­sels het aan adv. Cor­rie Nieu­wen­huys, T­ree­by se nu­we regs­ver­teen­woor­di­ger, ge­noem hy weet T­ree­by het “moei­li­ke wer­kom- stan­dig­he­de” en kan daar­om nie al­tyd by die hof wees nie.

“Mis­kien moet u met hom praat. Dit sal net soms no­dig wees dat u hier is.”

T­ree­by het vroe­ër in die on­der­soek ge­tuig.

Hy en A­ni­ka was des­tyds in die­self­de s­kool, maar in ver­skil­len­de gra­de. Haar naak­te lyk is op 10 Maart 2010 in haar pa se huis in T­he­re­sa­park in die noor­de van P­re­to­ria ge­kry. Haar han­de is af­ge­kap. ’n DNS-mon­ster van T­ree­by is kort ná die moord ver­ge­lyk met DNS wat op A­ni­ka se lyk ge­vind is.

Die uit­slag was ne­ga­tief.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.