Le­gen­da­rie­se mu­si­kant sterf

‘Kor­rel­kop, maar ’n man van sy woord’

Beeld - - Nuus - Ro­zan­ne Els

Kaap­stad. – ’n Kor­rel­kop en ’n man van sy woord wat deur sy mu­siek sal voort­leef.

Dít is hoe hy sy pa sal ont­hou, sê Ko­bus Vi­sa­gie, seun van Hen­tie Vi­sa­gie, stigter van die Klipwerf Or­kes.

Vi­sa­gie is gis­ter­og­gend in die ou­der­dom van 95 oor­le­de.

Tot op die laas­te was “Boes­man­land” sy guns­te­ling­lied­jie, het Ko­bus ver­tel.

Sy pa het aan Par­kin­son se siek­te ge­ly. “Dit het sy lyf stel­sel­ma­tig op­ge­vreet, maar sy ver­stand was hel­der.”

Vi­sa­gie, ’n le­gen­da­rie­se Han­tam-mu­si­kant, was la­ter te swak om self in sy bed om te draai. Wan­neer die ver­pleeg­ster hom kom help het, het hy ge­sê sy moet se­ker maak hy lê op sy reg­ter­sy.

“Want dan het hy in die Han­tam se rig­ting ge­kyk.”

Ko­bus was 17 toe hy in 1969 saam met sy pa en sy broer, Jo­hann, as die Klipwerf Or­kes boe­re­mu­siek be­gin speel het. Jo­hann is in 2005 aan ’n hart­aan­val oor­le­de. Daar was baie le­de wat ge­kom en ge­gaan het en Ko­bus is nou die e­nig­ste oor­le­wen­de lid van die oor­spronk­li­ke or­kes.

Die groep se eer­ste al­bum het eers so­wat 20 jaar ná die stig­ting van die or­kes die lig ge­sien en dít was te dan­ke aan ’n an­der le­gen­da­rie­se mu­si­kant van die streek, wy­le Wor­sie Vis­ser. Vis­ser het hul­le in ’n or­kes­kom­pe­ti­sie in Lut­z­vil­le ge­hoor en ge­vra of hul­le ’n al­bum wou op­neem.

“Daar­na het die al­bums ge­loop soos stroop.

“Dié ge­wild­heid was te dan­ke aan hul styl wat nie­mand nog kon na­maak nie, al is hard pro­beer. Dis die rit­me van die mu­siek. Daar is net daai iets an­ders.

“Nee, dit is nie lang­arm­mu­siek nie. Dit is vas­vat­mu­siek,” het Ko­bus ver­tel.

Vir sy pa was dit on­ein­dig lek­ker om te sien hoe men­se hul mu­siek ge­niet en vir hom en sy twee seuns was dié or­kes­be­sig­heid ’n ma­nier om weg te breek.

“Dit was ont­vlug­ting van die wor­ries van ’n plaas en droog­te.”

In 1990 het Vi­sa­gie sr. uit­ge­tree, maar van die meer as twee de­ka­des wat hy saam met sy seuns as deel van die Klipwerf Or­kes mu­siek ge­maak het, is daar baie sto­ries om te ver­tel.

“Die mees­te snaak­se goed het op die dan­se ge­beur,” het Ko­bus ver­tel.

“Op een dans was daar ’n vrou met ’n kaal rug. Die saal was baie klein, daar was nie baie plek nie en die or­kes is maar al­tyd in ’n hoe­kie in­ge­druk.

“Sy dans toe met ’n ou­tjie en hy kyk se­ker nie wat hy doen nie en daar druk hy haar oor die ki­taar se nek. Die sna­re het haar ge­steek en soos my pa pro­beer om dit uit te kry, raak dit net er­ger.

“Sy was baie kwaad vir daai ou­tjie.”

En dan die keer wat sy pa net wou gaan slaap ná ’n op­tre­de in die Kaap, maar die or­kes was hon­ger en hul­le het in Voor­trek­ker­weg ’n eet­plek gaan soek.

“Hy wou niks weet nie. Hy wou net gaan slaap. Hy is toe sleep­voet saam en stap heel ag­ter.

“Hul­le ge­waar toe ’n plek ge­naamd Moon­lig­ht, en met die deur se oop­maak sien hul­le die vroue op die mans se sko­te en be­sef dié is nie ’n re­stau­rant nie.

“Ek wou uit, maar my pa sê toe net ‘nee, jul­le don­ners,’ en druk ons vo­ren­toe.”

Hy gaan hom ont­hou as ’n kor­rel­kop, ja, maar ook ’n man van sy woord. “As my pa ’n ding ge­sê het, kon jy daar­op staat­maak.”

Vi­sa­gie se ge­denk­diens vind Sa­ter­dag om 10:30 in die NG kerk Han­tam op Cal­vi­nia plaas.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Hen­tie Vi­sa­gie op sy 95ste ver­jaar­dag.

Die om­slag van die Klipwerf Boe­re Or­kes se eer­ste al­bum, Kom kui­er in die Han­tam.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.