Grond­ver­skui­wings eis dalk hon­der­de in Sri Lan­ka

Beeld - - Nuus -

Co­lom­bo. – Die do­de­tal ná grond­ver­skui­wings weens swaar re­ën in die sen­tra­le deel van Sri Lan­ka kan op 150 te staan kom.

Meer as 223 000 men­se is ook weens stort­re­ën uit hul hui­se oor dié land heen ge­dwing, vol­gens die jong­ste amp­te­li­ke in­lig­ting.

17 ly­ke is reeds her­win, wat die amp­te­li­ke do­de­tal op 37 te staan bring, maar dié sy­fer sal na ver­wag­ting skerp styg.

Drie ne­der­set­tings na­by die dorp Ara­na­y­a­ka in die sen­tra­le dis­trik Ke­gal­le is eer­gis­ter laat deur mod­der toe­ge­val.

Meer as 350 men­se is gis­ter ge­red, het amp­te­na­re ge­sê.

’n Amp­te­naar van die Rooi Kruis wat ’n ramp­ver­ga­de- ring by die to­neel van die Ara­na­y­a­ka-grond­ver­skui­wing by­ge­woon het, het vroe­ër ge­sê daar word ge­vrees dat die do­de­tal so­wat 300 of 400 kan wees.

In die noord­wes­te­li­ke kus­streek Put­ta­lam is meer as 200 vas­ge­keer­de men­se ge­red.

Oor­stro­mings en droog­te kom in si­klus­se in Sri Lan­ka voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.