Buf­fels storm en stamp kar

Trop vlug toe leeus hul­le ver­ras

Beeld - - Nuus - Buks Vil­joen

Daar was nie eens tyd om ’n waar­sku­wing uit te kry voor­dat die eer­ste buf­fels ’n be­soe­ker aan die Kru­ger­wild­tuin se mo­tor ge­tref het nie.

“Ek het net na Ma­re­zaan (My­burgh) se kant oor­ge­leun en ge­dink: Dalk gaan jy van­dag dood,” sê CJ S­chut­te van Mid­del­burg, M­pu­ma­lan­ga, oor die dra­ma­tie­se voor­val toe sy Volks­wa­gen Po­lo in die mid­del van ’n trop stor­men­de buf­fels be­land het.

“Ná die op­win­ding het ek ne­ge plek­ke op my mo­tor ge­tel waar daar dui­de­li­ke snoet­mer­ke is.”

S­chut­te sê hy en My­burgh was die og­gend van 1 Mei met die H1-4-pad van Sa­ta­ra af op pad na O­li­fants­kamp.

Hul­le het in ’n sta­di­um stil­ge­hou toe ’n trop van so­wat 100 buf­fels rus­tig oor die pad ge­stap het.

“Toe ek links kyk om die buf­fels van ag­ter te kan sien, het ek net stof ge­sien. Die vol­gen­de oom­blik het die buf­fels om­ge­draai, deur die bos­se ge­bars en reg­uit op ons af­ge­pyl.”

Hy sê die mees­te van die buf­fels het vir sy mo­tor pro­beer uit­swaai, maar op die teer ge­gly.

Sy Po­lo het R34 000 se ska­de op­ge­doen, maar hy en My­burgh is on­ge­deerd.

La­test Sig­htings Kru­ger het beeld­ma­te­ri­aal van die storm­loop op sy Fa­ce­book-blad ge­pu­bli­seer.

Pen­ny Os­bor­ne van Kloof in K­waZu­lu-Na­tal was een van twee men­se wat die ge­beu­re af­ge­neem het.

“Ek en my man, C­li­ve, het aan­vank­lik stil­ge­hou toe ons twee leeus langs die pad sien. Die vol­gen­de oom­blik het die trop buf­fels oor die pad ge­loop.

“Ek het da­de­lik be­sef die buf­fels is nie be­wus van die leeus wat hul­le in ’n sloot lê en in­wag nie.

“Die voor­ste buf­fel het tot so­wat 5 m van die leeus ge­loop en hul­le eers ge­sien toe die leeus hul­le be­storm.”

Sy sê die buf­fels het oor die pad ge­hard­loop en sy kon sien hoe hul­le S­chut­te se mo­tor tref.

“Twee wie­le het op­ge­lig as ge­volg van die im­pak.”

Toe die stof gaan lê, het hul­le na­der ge­ry om te kyk of die men­se in die Po­lo be­seer is.

“S­chut­te en My­burgh was bleek van die skrik, maar ou­kei.”

Fo­to: PEN­NY OS­BOR­NE

’n Leeu in die buf­fels se stof­wolk by die Po­lo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.