Drank stu S­par­ver­ko­pe

Be­dryfs­wins wê­reld­wyd styg met by­na 14%

Beeld - - Sakenuus - Nel­lie Brand­Jon­ker

Kaap­stad. – Drank­ver­ko­pe by die S­par-groep se Tops-win­kels laat wiel on­ge­ag die suk­ke­len­de e­ko­no­mie.

Die Tops-drank­win­kels se ver­ko­pe het in die halfjaar tot ein­de Maart met 17% tot R4,7 mil­jard ge­styg. Uit­ge­sluit die so­wat 30 win­kels wat ge­o­pen is in die halfjaar, het die klein­han­del­ver­ko­pe van drank met am­per 13% ge­styg.

Gra­ham O’Con­nor, uit­voe­ren­de hoof, sê hul­le vind nie dat die swak e­ko­no­mie ver­brui­kers­be­ste­ding aan drank in­perk nie. “Die vreem­de ding is men­se drink as hul­le swaar­kry én as dit goed gaan.”

Die S­par-groep is ’n groot­han­de­laar wat pro­duk­te ver­sprei na 1 831 win­kels wat as Su­pers­par, S­par, K­wikspar, Sa­veMor, Build It en Tops han­del dryf.

Sy groot­han­del­ver­ko­pe van drank het met 12,4% tot R2,7 mil­jard ge­styg.

Die voort­ge­set­te vraag na Tops-win­kels van on­af­hank­li­ke drank­win­kel­ei­e­naars het tot die 30 nu­we win­kels ge­lei. Daar is nou 679 Tops at S­par- win­kels in die land.

O’Con­nor sê Tops wen steeds mark­aan­deel dank­sy die aan­bod in die win­kels, in­no­ve­ren­de be­mar­king en die lig­ging van die win­kels, wat ver­se­ker dat vrou­e­klan­te ge­mak­lik voel om daar drank te koop.

In ge­heel en in­ge­sluit sy an­der win­kels in Suid-A­fri­ka het sy om­set met 9,2% tot R31 mil­jard ge­styg.

S­par-win­kels se om­set het met 8,1% ge­styg. Op groot­han­del­vlak het die ver­ko­pe van dié win­kels met 8,2% tot R24,9 mil­jard ge­styg. Sy ei­e­han­dels­naam­pro­duk­te se ver­ko­pe het met by­na 11% ge­styg.

Die groep waar­sku voed­selin­fla­sie kan op kort ter­myn nog we­sen­lik styg weens die in­vloed van die droog­te.

S­ta­tis­tie­ke Suid-A­fri­ka (SSA) se in­fla­sie­sy­fers vir A­pril toon ’n skerp jaar­sty­ging.

O’Con­nor sê hul­le het druk op die pry­se van vars­pro­duk­te soos ta­ma­ties, aar­tap­pels en uie, as­ook mie­lie­meel en sui­ker ge­sien. Hoe­wel vleis­pry­se nog nie ge­styg het nie, glo hy dit kan in die ko­men­de maan­de be­gin styg.

Die groep het ’n la­er in­ter­ne be­re­ken­de voed­selin­fla­sie­sy­fer (4,5%) as die amp­te­li­ke voed­selin­fla­sie­sy­fer van SSA. O’Con­nor sê dit hou ver­band daar­mee dat ver­brui­kers meer pro­duk­te op pro­mo­sie koop.

Die groep brei oor­see uit. In A­pril is die meer­der­heids­be­lang in S­par van S­wit­ser­land ge­koop. In 2014 is ’n be­lang in S­par van Ier­land ge­koop.

In­ge­sluit die ver­ko­pe daar het sy in­kom­ste met by­na 17% tot R42,4 mil­jard ge­styg.

Sy be­dryfs­wins is by­na 14% ho­ër tot R1,2 mil­jard.

’n Tus­sen­tyd­se di­vi­dend van R2,55 per aan­deel is ver­klaar (2015: R2,39).

S­par se ver­sprei­ding­sen­trum van 33 550 m² in P­hi­lip­pi in Kaap­stad word uit­ge­brei. Die groot­ste werk is die by­ko­men­de 7 400 m² wat by die pak­huis vir be­derf­ba­re goe­de­re by­ge­voeg word om in die toe­ne­men­de vraag na ver­koel­de en be­vro­re pro­duk­te te voor­sien. Die pak­huis vir droë pro­duk­te word ook uit­ge­brei om die ver­sen­ding van pro­duk­te na Na­mi­bië en An­go­la te han­teer. Die pro­jek se be­gro­ting is R140 mil­joen en dit moet teen Ok­to­ber 2016 vol­tooi wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.