K­lein­han­del ver­my re­ses­sie nog ra­ke­lings

Beeld - - Sakenuus - Nel­lie Brand­Jon­ker

Kaap­stad. – Ver­brui­kers keer steeds dat die klein­han­del­sek­tor in ’n re­ses­sie ver­val, maar hul­le is baie min­der gre­tig om hul sak te skud.

Die groei in klein­han­del­ver­ko­pe het in Maart op ’n jaar­grond­slag ver­lang­saam en is on­der die mark se ver­wag­ting.

Ver­ko­pe het re­ëel met 2,8% ge­styg ver­ge­le­ke met Maart 2015, sê S­ta­tis­tie­ke Suid-A­fri­ka (SSA). In Fe­bru­a­rie het ver­ko­pe op ’n jaar­grond­slag met 4% ge­styg. Ke­vin Lings, e­ko­noom van S­tan­lib, sê die mark het groei van 3,8% ver­wag.

In die kwar­taal tot ein­de Maart het klein­han­del­ver­ko­pe met ’n ma­ti­ge 0,2% ge­styg ver­ge­le­ke met die vo­ri­ge kwar­taal.

Lings meen die k­lein­han­del sal help dat die bru­to bin­ne­land­se pro­duk (BBP) in die eer­ste kwar­taal steeds po­si­tief is, hoe­wel net-net. Ver­brui­kers­be­ste­ding ver­teen­woor­dig na­ge­noeg 60% van die land se BBP.

Lings sê hoe­wel klein­han­del­ver­ko­pe te­leur­stel­lend is, vaar die sek­tor nog be­ter as die mees­te an­der in die e­ko­no­mie. Tot dus­ver hou die groei in ver­ko­pe van­jaar tred met die ge­mid­del­de jaar­lik­se groei­koers van 2015. Hy meen eg­ter klein­han­del­ver­ko­pe­groei gaan tot min­der as 1% vir die he­le jaar ver­lang­saam.

In 2015 is ver­brui­kers ge­help deur be­trek­lik lae inflasie van 4,6% teen­oor die ge­mid­del­de loon­ver­ho­ging van 7,7%.

“Dit gaan eg­ter dras­ties ver­an­der in 2016,” waar­sku Lings. “Ons ver­wag dat inflasie ge­mid­deld 6,7% sal wees en ein­de van­jaar op so­wat 8% sal wees, ter­wyl loon­ver­ho­gings na ver­wag­ting 7,5% sal wees.” Hy sê boon­op plaas die on­lang­se ren­te­koers­ver­ho­gings, en dié wat na ver­wag­ting nog gaan kom, druk op ver­brui­kers.

Die ar­beids­mark is een van die be­lang­rik­ste fak­to­re wat van­jaar gaan be­paal of die klein­han­del­sek­tor ’n re­ses­sie be­leef. “As daar wyd­ver­sprei­de werk­ver­lies is, sal dit waar­skyn­lik ver­brui­kers­be­ste­ding in ’n re­ses­sie dom­pel. As die e­ko­no­mie die hui­di­ge vlak pos­te kan be­hou, sal dit ver­se­ker dat die ver­brui­ker­sek­tor ’n re­ses­sie ver­my.”

Vol­gens hom is daar eg­ter te­kens dat werk­ver­lie­se in die ko­men­de jaar gaan toe­neem.

Ja­son Mus­cat, ’n se­ni­or be­dryfs­ont­le­der by FNB, sê die ver­lang­sa­ming on­der­steun hul sie­ning dat die Re­ser­we­bank mô­re ren­te­koer­se on­ver­an­derd moet hou.

“Dit is die eer­ste keer dat klein­han­del­ver­ko­pe on­der 3% is se­dert Mei 2015, toe beurt­krag ver­ko­pe be­perk het.”

Hy re­ken die ver­lang­sa­ming kan toe­ge­skryf word aan die Paas­na­week wat in Maart was ver­ge­le­ke met ver­le­de jaar toe dit in A­pril was.

An­na­bel Bis­hop, e­ko­noom van In­ves­tec Bank, sê die ver­la­ging van R1,88 per li­ter in die pe­trol­prys van Au­gus­tus tot Maart het we­sen­li­ke be­spa­rings vir ver­brui­kers mee­ge­bring en klein­han­de­laars ge­help, ter­wyl die ny­wer­heids- en land­bou­sek­tor in ’n re­ses­sie is en die e­ko­no­mie na­by aan stot­ter is.

Sy glo die pe­trol­prys­ver­ho­ging van 88c per li­ter in A­pril gaan ver­ko­pe­groei vir dié maand ver­dof.

Bis­hop sê die on­der­lig­gen­de klein­han­del­sy­fers toon ver­brui­kers sny hul be­ste­ding aan nien­ood­saak­li­ke goe­de­re te­rug.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.