B­lin­de vrou sien weer na­dat sy in huis val

Beeld - - Sakenuus - – Sky News

Tal­la­has­see. – ’n Mo­tor­on­ge­luk het Mary Ann Fran­co in 1995 b­lind ge­laat, maar na­dat sy tuis ge­val het, is haar sig her­stel.

Die mo­tor­on­ge­luk het Fran­co (70) se rug­murg be­ska­dig. Na­dat sy in haar huis in Suid-Flo­ri­da ge­val het, is sy ge­o­pe­reer om die pyn in haar arm en rug te ver­lig.

Dit het ook on­ver­wags haar sig her­stel.

“Sog­gens kyk ek uit en ek sien hoe die son deur die bo­me op­kom. Dit is so won­der­lik om te kan sien,” het sy ge­sê.

Ken­ners ver­moed die mo­tor­on­ge­luk het dalk ’n aar in haar rug­murg ge­deel­te­lik ge­blok­keer of die aar laat buig en dit het haar b­lind ge­laat.

Dr. John As­har, die neu­ro­chi­rurg wat haar ge­o­pe­reer het, het ge­sê die o­pe­ra­sie het dit dalk reg­ge­stel.

“Ek het dit nog nooit te­ë­ge­kom nie en nog nooit van so iets ge­hoor nie,” het hy ge­sê.

Hy het ge­sê deur die aar reg te buig, is die bloed­vloei dalk her­stel om haar sig te her­stel, “maar dit is al­les net te­o­re­ties”.

Fran­co het ge­sê dit is ’n won­der­werk en sy is ver­heug om haar ge­lief­des weer te kan sien.

Sy was voor­heen kleur­blind, maar dít is ook nou reg­ge­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.