1 van 200 ont­voer­de mei­sies ge­vind

Beeld - - Sakenuus - BBC – Reu­ters, BBC

A­bu­ja. – Een van die meer as 200 skool­mei­sies wat twee jaar ge­le­de deur die re­bel­le­groep Bo­ko Ha­ram uit C­hi­bok in die noord­oos­te van Ni­ge­rië ont­voer is, is op­ge­spoor.

La­wan Zan­nah, se­kre­ta­ris van die ver­e­ni­ging van ou­ers van ver­mis­te C­hi­bok-mei­sies, het ge­sê A­mi­na Ali N­kek is eer­gis­ter na­by die Sam­bi­sa-woud aan die grens met Ka­me­roen ge­vind.

Sy het ’n ba­ba by haar ge­had.

Die mei­sies is in A­pril 2014 deur Bo­ko Ha­ram van ’n staats­ho­ër­skool in C­hi­bok ont­voer.

Ak­ti­vis­te het be­ves­tig dat ’n vi­gi­lan­te­groep A­mi­na ge­vind het.

Sy is blyk­baar gei­den­ti­fi­seer deur ’n bur­ger­li­ke veg­ter wat haar her­ken het.

Dié man be­hoort tot ’n vi­gi­lan­te­groep wat in die le­we ge­roep is om teen Bo­ko Ha­ram te veg.

In­ge­lig­tes het aan die ge­sê A­mi­na kom van die dorp M­ba­la­la, suid van C­hi­bok, waar­van­daan 25 van die ont­voer­de mei­sies kom.

Die Ni­ge­rie­se weer­mag het teen druk­tyd nog nie kom­men­taar ge­le­wer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.