Neem dooi­e­rus in ’n jap­trap

Beeld - - Sakenuus -

Wan­neer jag­ters na ’n tei­ken aan­lê, kan die ge­ring­ste be­we­ging die ver­skil tus­sen ’n dood­skoot en ’n kwes­skoot wees.

S­kiet­stok­ke wat op die be­gin­sel van ’n drie­poot of en­kel­poot werk en waar­op die loop van die ge­weer kan rus, help om ’n ge­weer te sta­bi­li­seer. Maar as jag­ters vin­nig van rig­ting moet ver­an­der, gee so ’n kon­trêp­sie ’n ge­suk­kel af.

Die La­zy Aim is ’n skiet­stok wat aan die lyf ge­dra word en op ’n drie­hoe­ki­ge stut­be­gin­sel werk. Dit gee aan jag­ters die ver­moë om die loop be­sten­dig te hou wan­neer hul­le aan­lê, ter­wyl hul­le steeds vin­nig in e­ni­ge rig­ting kan be­weeg.

Dit is ’n eg Suid-A­fri­kaan­se pro­duk en kos R800. Dit word be­mark deur ’n maat­skap­py wat han­del dryf as La­zy Aim, on­der die stuur van adv. Herman Per­ci­val en Neil Eas­tes.

Vol­gens Per­ci­val is dit tans die e­nig­ste rus op die mark wat nie op die grond staan­ge­maak hoef te word nie. Dit ge­bruik ’n jag­ter se heup en skou­er as sta­bi­li­se­rings­pun­te son­der dat dit be­ïn­vloed word deur bors­be­we­ging, a­sem­ha­ling, hart­klop of be­wing.

“Die La­zy Aim is ’n skiet­stok wat ont­werp is deur die jag­ter vir die jag­ter,” sê Per­ci­val.

“Dit is lig, sterk, kom­pak en mak­lik han­teer­baar. ’n Spe­si­aal ver­vaar­dig­de ges­pe word links op die heup ge­dra deur dit aan die gor­del vas te maak. Die een been word in die ges­pe ge­plaas en die an­der been ho­ri­son­taal oor die lin­ker­skou­er. Die ge­weer word oor die ho­ri­son­ta­le been ge­plaas.

“In­dien die jag­ter daar­van hou om met ’n rug­sak of ‘Ca­mel Bag’ in die veld te loop, kan ’n lus op die skou­er aan­ge­bring word waar­deur die ho­ri­son­ta­le been ge­plaas kan word. Wan­neer die ho­ri­son­ta­le been na ag­ter ge­trek word met die ver­ti­ka­le been reeds in die ges­pe, kan die La­zy Aim met ge­mak ge­dra word.

“In dié po­si­sie kan die La­zy Aim slegs vo­ren­toe ge­trek word en die ge­weer on­mid­del­lik op die ho­ri­son­ta­le been ge­plaas word,” sê hy.

Hoe swaar­der die ge­weer, hoe ge­mak­li­ker is die La­zy Aim om­dat al die e­ner­gie na die heup ver­plaas word. Met dié rus kan jy bin­ne ’n oog­wink jou aan­lê­hoek ver­an­der son­der om be­kom­merd te wees oor die ter­rein.

Vir meer in­lig­ting, bel Per­ci­val by 083 444 7011, Eas­tes by 082 562 8587, of be­soek www.la­zy­aim.co.za.

Fo­to: LA­ZY AIM

Die La­zy Aim werk op ’n drie­hoe­ki­ge stut­be­gin­sel en gee aan jag­ters die ver­moë om die loop be­sten­dig te hou, ter­wyl hul­le hul aan­lê­hoek in ’n oog­wink kan ver­an­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.