Bas­son ‘raak rof’ met ‘Cock & Bull’

Beeld - - Kuns - Ma­ri­a­na Ma­lan

Mar­thi­nus Bas­son is af­ge­tree, maar nie die kluts kwyt nie.

Toe die be­kroon­de re­gis­seur on­langs ná 14 jaar by die dra­ma­de­par­te­ment van die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch af­ge­tree het, het die lief­de en pas­sie vir die te­a­ter nie ver­dwyn nie.

“Ek het be­sluit ek is af­ge­tree en ek kan nou maar wild en woes wees,” het hy ge­sê.

En hy stig toe da­de­lik ’n te­a­ter­maat­skap­py Ra­mi­ni­dam saam met Chris Pie­naar en die ak­teurs De­an John S­mith en Ed­win van der Walt.

En vir hul eer­ste stuk kies hul­le die row­we Cock & Bull S­to­ry, wat van­af 1 Ju­nie in Pie­ter Toe­rien se S­tu­di­o­te­a­ter by Mon­te­ca­si­no op die plan­ke is.

Bas­son is die re­gis­seur, ge­noem­de ak­teurs is in die rol­ver­de­ling en Pie­naar is aan die stuur van die teg­nie­se as­pek­te.

Die stuk A Cock & Bulls­hit S­to­ry van die B­rit­se dra­ma­turg Ri­chard Zad­j­lic en Ri­chard Cro­we is ver­werk en ge­lo­ka­li­seer vir plaas­li­ke ver­ho­re.

“Dis klein, kom­pak en op­win­dend en glo dit as jy wil, ek het ge­vind dit vind ver­al by tie­ner­mei­sies aan­klank.

“Hul­le ver­staan ’n sto­rie van vriend­skap en ver­troue. Dis een van die bes­te stuk­ke vir twee men­se wat ek nog teen­ge­kom het,’’ meen hy.

Die ver­haal wat oor twee bok­sers gaan, word in ’n pers­ver­kla­ring be­skryf as “’n op­win­den­de twee­man­stuk, vol man­ne­ge­drag. Groot­bek-sto­ries oor mei­sies, kleed­ka­mer­praat­jies en oor­da­di­ge fi­si­ka­li­teit ver­steek ’n de­li­ka­te ont­gin­ning van vriend­skap, sek­su­a­li­teit en we­der­syd­se af­hank­lik­heid met die e­mo­si­o­ne­le uit­klop­krag van ’n swaar­ge­wig­bok­ser”.

Dit is die eer­ste keer dat hy iets in die S­tu­di­o­te­a­ter op die plan­ke bring en hy sê Toe­rien, die im­pre­sa­rio en ei­e­naar van die te­a­ter, het hul­le met raad en daad by­ge­staan.

Toe dit be­kend word dat hy dees­dae kle­re maak vir Bar­bie, het ’n mens so ’n bie­tjie ge­won­der oor sy wel­stand. Ja, dis reg dié Bar­bie van plas­tiek en met baie dui­de­li­ke kur­wes. Hy het eg­ter gou ver­dui­de­lik dat dit nie is om te speel nie, maar dit word ge­doen met ’n baie goeie re­de.

“Ek en Chris [Pie­naar, sy ven­noot in ’n nu­we te­a­ter­maat­skap­py] maak ’n do­ku­men­têr, From De­sign to Per­for­man­ce, van ses uur lank vir die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch se dra­ma­de­par­te­ment met my laas­te kre­a­tie­we uit­set­geld.

“Dis ’n af­skeids­ge­baar oor die won­der­li­ke ont­wer­per Pen­ny Simp­son, die mees­ter-pa­troon­ma­ker Eva Par­sons, die mans­sny­er Fa­gri Na­siep en die kos- tuum­mees­ter Ga­bie­ba I­saacs.

“As voor­be­rei­ding het ek ont­wer­pe vir Bar­bie-kle­re be­gin maak om ter­mi­no­lo­gie aan te leer en pa­troon­maak-pro­ble­me en­so­voorts te ver­staan. In die ver­le­de het ek kom­plek­se ont­wer­pe vir by­voor­beeld Bloed en Ro­se en An­to­ny en C­le­o­pa­tra drie­di­men­si­o­neel in pa­pier ge­maak om da­rem re­a­lis­tie­se voor­stel­le aan bo­ge­noem­de men­se, al­mal be­trok­ke by Kruik en la­ter Kuns­te­kaap te kon maak en weet dat die kon­struk­sie haal­baar is. Maar ’n mens raak so ’n bie­tjie oor­gees­drif­tig. Ek twy­fel of ek ooit so laf of trots op die uit­voe­ring van die kle­re sal wees dat ek die goed sal wys. Al­hoe­wel ’n stu­dent voor­ge­stel het ons doen dit in ’n sus­hi bar op die roun­da­bout, wat ek baie a­mu­sant ge­vind het.” ) Die stuk is van 1 Ju­nie tot 3 Ju­lie in Pie­ter Toe­rien se S­tu­di­o­te­a­ter by Mon­te­ca­si­no. Daar is ’n ou­der­doms­perk van 14 jaar vir taal­ge­bruik. Be­spreek by Com­pu­tic­ket.

Fo­to: LULAMA ZENZILE

Chris Pie­naar en Mar­thi­nus Bas­son van die te­a­ter­maat­skap­py Ra­mi­ni­dam.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.