Tyd­lo­se ver­sug­ting in dié stuk

Beeld - - Kuns -

Vir Boes­man and Le­na, At­hol Fu­gard se be­kroon­de stuk wat tans weer in Jo­han­nes­burg op die plan­ke is, moes ’n in­vals­hoek ge­kry word wat die hui­di­ge Suid-A­fri­ka weer­spie­ël.

P­ha­la Oo­ke­dit­se P­ha­la, die re­gis­seur, sê in 2016 moet men­se ver­staan hoe Fu­gard se klas­sie­ke teks met ons praat. Vol­gens P­ha­la beeld die stuk “an­ders­heid” uit.

“Die teks is nie veel ver­an­der nie, maar dit word só oor­ge­dra dat dit dalk ’n an­der in­ter­pre­ta­sie kan mee­bring. Hul­le raak ook ont­slae van die ste­re­o­ti­pe van bruin men­se as ge­weld­da­dig en dronk. Die ka­rak­ter Le­na word nie uit­ge­beeld as ’n slag­of­fer nie. Dit bly ’n tyd­lo­se teks, maar ons vra vrae oor vry­heid en wat dit vir die ka­rak­ters be­te­ken.”

Boes­man and Le­na ver­tel die ver­haal van ’n ge­ha­wen­de bruin paar­tjie (ver­tolk deur Le­bo­hang Mo­taung en La­lu Mo­ku­ku) wat deur die ge­meen­skap ver­stoot word.

Le­bo­gang In­no is die der­de spe­ler in die stuk.

’n Voor­val in 1965, toe Fu­gard op ’n plat­te­land­se pad ge­ry het, het die stuk ge­ïn­spi­reer.

Hy het ’n ou vrou op­ge­merk wat al­leen langs die pad in die warm son ge­stap het, my­le ver van e­nig­iets af.

Hy het stil­ge­hou en haar ’n ge­leent­heid aan­ge­bied.

Sy het ge­huil van blyd­skap en dank­baar­heid. Sy het Fu­gard ver­tel haar man is pas dood en sy is op pad na ’n an­der plaas. As hy nie stil­ge­hou het nie, sou sy die nag langs die pad moes deur­bring.

Dit het Fu­gard ge­tref dat die vrou pyn en ly­ding er­vaar het, maar ver van op­gee was.

Gra­ce Me­adows, ver­vaar­di­ger, sê die stuk be­klem­toon ver­al kwes­sies oor die ge­meen­skap en on­ge­lyk­he­de wat spruit uit SuidA­fri­ka se ver­le­de.

Dit duur tot 28 Mei in die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg se Con Co­wan-te­a­ter. Al­by Mi­cha­els het die stel ont­werp.

Ver­to­ning is Dins­dag tot Sa­ter­dag om 19:30. Kaar­tjies kos R80. Be­spreek by Com­pu­tic­ket.

La­lu Ma­ku­ku as Le­na in At­hol Fu­gard se Boes­man and Le­na wat tans in die UJ se Con Co­wan­te­a­ter op die plan­ke is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.