Vo­lans se fyn klok­val boei en ver­ruk end­uit

Beeld - - Kuns - KE­VIN VO­LANS: vi­o­lin:pi­a­no (2009); E­tu­de 9 (Eig­ht Bells for Mary) (2009); vi­o­la:pi­a­no (2009); Pas­si leg­gie­ri (2003). Wal­do A­lex­an­der, vi­ool & alt­vi­ool / Jill Ri­chards, kla­vier. Er­go­dos ER20.

Ke­vin Vo­lans (1949-) is in­ter­na­si­o­naal een van die be­kend­stes on­der die steeds ak­tie­we Suid-A­fri­kaans ge­bo­re kom­po­nis­te. Hy het in 1994 Ier­se bur­ger­skap ge­kry.

Vo­lans is ’n pro­duk van Wits se mu­siek­skool en het sy na­graad­se stu­dies in A­ber­deen vol­tooi voor­dat hy na Keu­len ver­trek het om vir agt jaar sy teg­niek on­der S­tock­hau­sen en Ka­gel te slyp.

Die gen­re waar­in Vo­lans werk is ’n soort post­mi­ni­ma­lis­me à la John A­dams, maar sy taal is ui­ters per­soon­lik en oor­we­gend lig van toon en teks­tuur.

Ná al die ja­re waar­in sy kop vol­ge­stop is van die kom­plek­si­teit rond­om die des­tyd­se a­vant gar­de, on­der­neem hy ver­skeie vel­deks­pe­di­sies na Suid-A­fri­ka en na­bu­ri­ge lan­de waar hy hom laat in­spi­reer deur die mu­siek van A­fri­ka.

Ver­skeie sty­le­le­men­te wat ti­pies van Vo­lans se in­di­vi­du­e­le taal sou word, kom na vo­re, soos her­ha­len­de pa­tro­ne, fluk­tu­e­ren­de me­lo­die­se ma­te­ri­aal in af­ge­ba­ken­de, me­ren­deels po­li­rit­mie­se struk­tu­re, as­ook me­trie­se ver­skui­wings.

Op die jong­ste Vo­lans-CD, met eer­ste uit­voe­rings van vier van sy oor­we­gend in­tie­me 21ste-eeu­se wer­ke deur die Suid-A­fri­kaan­se mu­si­ci Wal­do A­lex­an­der (vi­ool en alt­vi­ool) en Jill Ri­chards (kla­vier), word as­pek­te rond­om die meer­der­heid van die ge­noem­de sty­le­le­men­te her­ken.

Die o­pe­nings­werk is vi­o­lin:pi­a­no wat die uit­ge­breid­ste en om­vat­tend­ste werk van die vier­tal is, maar ook die ge­demp­ste stem­ming uit­straal. Die klan­ke kom sub­tiel voort uit die self­stan­dig­heid wat Vo­lans vir al­bei in­stru­men­te voor­skryf. Daar is feit­lik geen di­a­loog nie, maar wel deur­lo­pend kort­ston­di­ge fra­se­af­wis­se­lings.

Met die meer­ma­li­ge luis­ter hier­na kom ’n mens tot die ge­volg­trek­king dat hier­op ge­me­di­teer kan word – ver­al ook om­dat die di­na­mie­se vlak­ke nooit bo mez­zo for­te uit­styg nie. Die om­stan­dig­he­de moet so wees dat niks die aan­dag van die luis­te­raar sal af­lei nie en dalk liefs in ’n don­ker ver­trek.

E­tu­de 9 (Eig­ht Bells for Mary) is vir so­lok­la­vier met so­ge­naam­de “ring mo­du­la­ti­on” wat toe­ge­voeg word. Dié werk, op­ge­dra aan wy­le prof. Mary R­ö­rich van Wits, se in­ge­wik­kel­de e­lek­tro­nie­se toe­voe­ging be­vor­der dat die klok­ef­fek dui­de­lik en oor­heer­send die klank­spek­trum bin­ne­dring. vi­o­la:pi­a­no is dié mees­ter­werk on­der die vier­tal van­weë sy te­ma­tie­se en di­na­mie­se ont­wik­ke­ling dwars­deur sy 22 mi­nu­te.

A­lex­an­der han­teer die alt­vi­ool voor­tref­lik, ter­wyl die duo as ge­heel die struk­tuur en kon­tras­wer­king met mi­nis­ku­le de­tail laat le­we. Ver­al die fla­ge­o­let­te is skit­te­rend be­heer.

Pas­si leg­gie­ri vir so­lo­vi­ool be­sit op­val­len­de har­mo­nie­se ryp­heid en ’n vir­tu­o­se e­le­ment wat daar­van ’n i­de­a­le af­slui­ting­stuk vir dié pro­gram maak.

A­lex­an­der en Ri­chards se in­ten­se kon­sen­tra­sie op die fyn­ste de­tail dwing e­nor­me re­spek af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.