Om­swer­win­ge en wag­beurt van ’n nag­uil

Beeld - - Kommentaar -

Om ’n nag­uil te wees is nie vir som­mer net wak­ker­bly tot­dat die wit­kwasjak­kal­se oor­kant in die plan­ta­sie by die per­de­kar­kas be­gin roep nie.

Dis ook nou nie juis as­of ’n mens dit doel­ge­rig be­plan nie. Soos die mees­te nag­ui­le neem ek my el­ke og­gend voor dit moet end kry.

Maar teen ske­mer, wan­neer ek te­ë­sin­nig die deu­re teen die don­ker sluit, be­sluit ek om die bin­ne­koue met ’n kag­gel­vuur te be­sweer. Net vir ’n kort ruk­kie, is die be­lof­te en ver­ma­ning aan my­self, want mô­re is ’n lang dag.

En tog, wie bou pyn­lik lang­saam aan ’n vuur vir slegs gou-gou?

Dit kos mos fyn soek na die droog­ste stom­pe, en net die reg­te groot­te, en bui­ten­dien brand die spul­le­tjie eers lek­ker hier teen die der­de bon­del hout.

Dis eg­ter ’n feit dat ’n droë toe­skou­er vir ’n kag­gel min of meer is soos om te glo dat die spel om die po­li­tie­ke troon in die land dié win­ter op han­de is: Dit grens aan waan­sin. Dus word ’n bot­tel wyn oop­ge­maak.

Dit neem ’n lang ruk om die reg­te mu­siek te kies, die sit­ka­mer­bank p­re­sies na­by aan en ver ge­noeg van die hit­te te skuif, pen en pa­pier by­der­hand te hê, ’n soe­tig­heid op te spoor waar ek dit vir my­self weg­ge­steek het, en tot rus­te te kom.

Net om op te spring om­dat tus­sen die o­ran­je vuur­ton­ge so ’n klein blou­e­ri­ge ro­kie op­dwar­rel en dit my her­in­ner aan iets wat P.J. S­choe­man ge­skryf het.

Dit neem lank om die sen­ti­men­te­le ver­tel­ling oor die blou vuur­vrou­tjie raak te blaai, want nood­wen­dig raak ek ver­dwaal tot daar waar ver win­de waai: “Ek is uit die twee­spalt van ’n vuur­kool ge­bo­re . . . Daar­om is ek hit­te en lig, le­we en ken­nis, hart en gees.”

Nuus­kie­rig om te weet waar p­re­sies S­choe­man se be­skry­wings af­ge­speel het, is dit van­self­spre­kend om die at­las te loop soek en ter­stond in die Na­mi­bie­se plek­na­me ver­stren­gel te raak en la­ter die grens oor te steek na An­go­la waar­heen ek se­ker nooit sal reis nie.

Ek staan nie op om El­sa Jou­bert se Ons wag op die kap­tein van die rak te haal nie: Nie van­aand nie, nie nóú die laas­te sin in daar­die boek nie: “Die oë van die wag­ten­des word ver­blind deur die stof, so­dat swart en wit, vas­klou­end aan die hek wat tus­sen hul­le is, nie meer weet: hier­die hand is swart en hier­die een is wit nie.”

Dan lie­wers gaan kyk of al die kamp­goed nog op hul plek is en som­mer reg­pak, la­kens stryk vir wan­neer men­se weer kom kui­er, ’n pa­pier­brief skryf vir die kind op ’n an­der vas­te­land waar die dag se son teen dié tyd uit­brand soos die laas­te stomp in my kag­gel.

Dit is nag­stil, al ver­beel ek my ek hoor die jak­kal­se ver­af aas. Toe ek ein­de­lik die bal­kon­deur op knip trek, skrik ’n groot­oor­uil van die dak op en vlieg ge­ruis­loos die don­ker­te in.

En ek gee ver­lig my wag­beurt aan ’n gro­ter wys­heid oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.