Gord­han staan tus­sen SA en fi­nan­si­ë­le ramp

Beeld - - Kommentaar -

Die plei­dooi van Pra­vin Gord­han, mi­nis­ter van fi­nan­sies, om be­sker­ming moet deur po­li­tie­ke par­tye oor die spek­trum heen, die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing en al­le Suid-A­fri­ka­ners ter har­te ge­neem word.

Dit gaan lank nie meer oor Gord­han se per­soon­li­ke oor­le­wing as mi­nis­ter van fi­nan­sies nie. Dit gaan oor die toe­koms van ons grond­wet­li­ke de­mo­kra­sie en e­ko­no­mie­se voor­spoed.

Pres. Ja­cob Zu­ma is in De­sem­ber ge­dwing om Gord­han te­rug te bring as mi­nis­ter van fi­nan­sies na­dat Zu­ma die land in ’n fi­nan­si­ë­le kri­sis ge­dom­pel het met die aan­stel­ling van die on­be­ken­de Des van Rooy­en in dié pos. Se­dert­dien is Gord­han mee­do­ën­loos deur die Val­ke ver­volg. Dit word ge­doen op grond van die ob­sku­re voor­wend­sel dat Gord­han as hoof van die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens (SAID) ’n “spi­oe­na­sie-een­heid” be­gin het. Tot dus­ver was daar geen be­rig­te ter sta­wing hier­van nie.

Die ma­nier waar­op Gord­han ge­tei­ken word, is on­rus­ba­rend. Toe die kre­diet­gra­de­rings­a­gent­skap Moody’s twee maan­de ge­le­de in die land was, het die Val­ke met ’n on­ge­ken­de o­pen­ba­re veld­tog teen hom be­gin. In Fe­bru­a­rie, ter­wyl hy vir een van die be­lang­rik­ste be­gro­tings voor­be­rei het, het die Val­ke 27 vrae aan hom ge­stuur om te ant­woord.

Die na­week moes hy in lees dat hy op die punt staan om in heg­te­nis ge­neem word ter­wyl nog ’n kre­diet­gra­de­rings­a­gent­skap, S­tan­dard & Poor’s, op pad is na die land. Die be­rig oor sy be­plan­de in­heg­te­nis­ne­ming is ont­ken, maar die feit bly staan dat die Val­ke hom on­der­soek en dat die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag dit as erns­tig be­skou.

Teen dié tyd is dit dui­de­lik dat Zu­ma nie vir Gord­han gaan be­skerm nie. Zu­ma praat steeds van Des van Rooy­en, ’n twee­de­rang­se plaas­li­ke po­li­ti­kus, as die man met die bes­te kwa­li­fi­ka­sies om mi­nis­ter van fi­nan­sies te wees.

Die slag­or­des is dus op­ge­stel vir ’n bit­ter s­tryd. Aan die een kant is Zu­ma, sy Gup­ta-vrien­de en die klep­to­kra­te in die re­ge­ring wie se gie­rig­heid nie per­ke ken nie. Aan die an­der kant is Gord­han en die men­se wat die in­te­gri­teit van die te­sou­rie en die e­ko­no­mie wil be­skerm.

As Zu­ma en die kor­rup­te e­li­te se­ë­vier, is ramp­spoed ons voor­land. Gord­han, of lie­wer dit waar­voor hy staan, ver­dien al­mal se steun.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.