N­kand­la­huis is nie Zu­ma se ei­en­dom

Beeld - - Kommentaar - Da­nie Ham­man skryf:

Pres. Ja­cob Zu­ma het eer­gis­ter in die par­le­ment op ’n vraag van die DA oor ’n be­wys van sy ver­band­le­ning vir N­kand­la ge­ant­woord dat hy PTO, of­te­wel per­mis­si­on to occu­py, het.

Hier­mee het Zu­ma die waar­heid on­be­wus­te­lik er­ken dat hy nie ’n ver­band­le­ning van ’n bank het nie. Sy stel­ling dat hy en sy fa­mi­lie ’n ver­band het vir N­kand­la was en bly dus ’n leu­en – om die een­vou­di­ge re­de dat N­kand­la nie aan hom be­hoort nie, maar be­stuur word deur die Ing­o­nya­ma-trust, waar­van ko­ning Good­will Z­we­li­thi­ni die hoof is.

Aan­vank­lik is ge­meen dat N­kand­la aan daar­die trust be­hoort, maar dit blyk dat N­kand­la aan die staat be­hoort, van­daar die haas­ti­ge be­sluit om N­kand­la tot ’n na­si­o­na­le sleu­tel­punt te ver­klaar toe die her­rie in 2013 los­ge­bars het oor die ver­mor­sing van be­las­ting­be­ta­lers se geld op N­kand­la.

Wet 102 van 1980 be­paal dat e­ni­ge pri­va­te ei­en­dom deur die staat tot ’n na­si­o­na­le sleu­tel­punt ver­klaar kan word en dat die ei­e­naar van die ei­en­dom ver­plig is om vei­lig­heids­maat­re­ëls op sy eie kos­te toe te pas ten ein­de die ei­en­dom teen sa­bo­ta­sie en­so­meer te be­skerm.

Aan­ge­sien N­kand­la aan die staat be- hoort, het die re­ge­ring N­kand­la gou so­da­nig laat ver­klaar om die be­las­ting­be­ta­lers­geld wat daar be­stee is te reg­ver­dig.

Maar vir so­ge­naam­de vei­lig­heid is daar on­der meer ’n swem­bad, bees­kraal, en­so­voorts, wat niks met vei­lig­heid uit te waai het nie, soos wat die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof be­ves­tig het.

Die kern van die saak is dood­een­vou­dig die feit dat Zu­ma nie ’n ver­band­le­ning kan be­kom by ’n bank vir ei­en­dom wat nie aan hom be­hoort nie.

Van­daar sy ver­dui­de­li­king van PTO, be­doe­len­de vrug­ge­bruik, of­te­wel ge­nots­ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.