Be­las­ting­be­ta­ler met ’n mo­tor is ’n mak­li­ke tei­ken

Beeld - - Kommentaar - Po­ti skryf:

Ek ver­wys na “On­nie in sel­le oor sy smous ‘wil skiet’ ” ( Beeld, 18 Mei).

Ek het ’n i­den­ti­teit, met ’n mo­tor wat in my naam ge­re­gis­treer is, ’n vas­te a­dres, ’n gel­di­ge i­den­ti­teits­do­ku­ment, ’n foon wat in my naam ge-ri­ca is, as­ook ’n be­las­ting­nom­mer. Al­les soos wat die wet ver­eis.

Ek sit doodon­skul­dig in my mo­tor by ’n ver­keers­lig en word las­tig ge­val deur men­se wat e­nig­iets van groen­te tot si­ga­ret­te aan my wil ver­koop of selfs my mo­tor se rui­te, wat skoon is, wil was.

Hoe­veel keer moet ek be­skaaf ant­woord dat ek nie be­lang­stel nie, ver­al as die ver­koop­man op­merk dat ek vrou­al­leen in die voer­tuig is? Die smous mag e­ni­ge kom­men­taar op my gee in ’n taal wat ek nie ver­staan nie. Moet ek kalm bly? Sou ek op e­ni­ge ma­nier teen hom op­tree, is dit so mak­lik: Hy skryf my voer­tuig se re­gis­tra­sie­nom­mer neer en ’n saak word teen my ge­maak en ek moet my on- skuld be­wys. Ek kan op­ge­spoor word, want ek het ’n i­den­ti­teit. Ek kan op­ge­spoor word deur die­self­de men­se wat met my be­las­ting­geld on­der­hou word.

Aan die an­der kant: Sou die i­den­ti­teit­lo­se smous iets doen soos om my hand­sak te gryp en weg te hard­loop, is daar geen ma­nier om hom op te spoor nie. Nie eens men­se wat el­ke dag saam met hom “werk”, weet wie of van waar hy is nie. Hy, die i­den­ti­teit­lo­se, het reg­te en ek, die be­las­ting­be­ta­ler, is ’n mak­li­ke tei­ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.