Ons wil weet wie UV se rek­tor is

Beeld - - Kommentaar - Le­ser van die Vry­staat skryf:

Dit was met on­ge­loof dat ek ver­neem het van prof. Jo­na­than Jan­sen se be­plan­de ver­trek by die UV.

Ou­ers is ge­reg­tig daar­op om nou al te weet wie sy op­vol­ger is en wat sy stand­pun­te oor taal, ras, klas­geld, s­port en kwo­tas is so­dat ons en ons kin­ders ge­moeds­rus kan kry.

Dit is tyd dat al­mal be­sef dat ons as ou­ers nie ’n nom­mer, ’n ding of ’n speel­bal u­ni­ver­si­teit toe stuur nie, maar ’n jong mens met dro­me en i­de­a­le.

In­skry­wings word lank voor­af ge­doen. Ons wil ver­se­ker wees dat al ons moei­te, op­of­fe­rings en har­de werk nie in een dag in vlam­me ver­woes word nie.

Prof. Jo­hat­han Jan­sen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.