Ban­ke be­speur ro­kie

Die fi­nan­si­ë­le in­stel­lings wat ban­de met die Gup­tas ver­breek het, weet iets baie spe­si­fieks van ’n ver­suim of oor­tre­ding, skryf T­heo Vor­ster.

Beeld - - Middelblad - T­heo Vor­ster is ’n fi­nan­si­ë­le ont­le­der en uit­voe­ren­de hoof van Ga­li­leo Ca­pi­tal.

In sy ru­briek in Beeld van 16 Mei vra An­dré le Roux wat die ban­ke van die Gup­tas weet wat die res van Suid-A­fri­ka nie weet nie. “Wat weet KPMG, Ab­sa, S­tan­dard Bank, Ned­bank, FNB en Sas­fin?” vra hy.

Ek weet nie hoe­kom p­re­sies hul­le die Gup­tas se re­ke­nin­ge ge­sluit het nie, maar ek weet twee din­ge:

) Die ban­ke (en KPMG) weet van iets baie spe­si­fieks – ’n dui­de­li­ke ver­ont­ag­sa­ming of ver­suim deur die Gup­tas van ’n maat­re­ël, re­gu­la­sie of wet.

) Hier­die fi­nan­si­ë­le in­stel­lings het, on­af­hank­lik van me­kaar, be­sluit om hul sa­ke­ver­hou­ding met die Gup­tas te be­ëin­dig, son­der om e­nig­sins met me­kaar te kou­kus.

Kom ons be­gin by nr. 1. Nie KPMG, Ab­sa, S­tan­dard Bank, Ned­bank, FNB of Sas­fin sou die Gup­tas as kli­ën­te uit­ge­skop het bloot op grond van ’n on­ge­mak­lik­heid of ’n on­rus­tig­heid oor hul toe­ne­men­de be­rugt­heid in die nuus nie.

Sul­ke be­slui­te word nie som­mer lig­te­lik en luk­raak op grond van ’n “ge­voel” ge­neem nie.

Só werk dit:

’n Or­ga­ni­sa­sie ge­naamd die in­ter- na­si­o­na­le fi­nan­si­ë­le-ak­sie-taak­mag (FATF) is in 1989 ge­ves­tig om in­ter­na­si­o­na­le en na­si­o­na­le re­ëls daar te stel om mis­da­de soos geld­was­se­ry te be­stry.

Die FATF het met die term “po­li­ties bloot­ge­stel­de mens” vo­ren­dag ge­kom. Dit ver­wys na ie­mand wat di­rek­te kon­tak het met ’n mens of men­se wat po­li­ties in­vloed­ryk is. Die Gup­tas se ver­hou­ding met pres. Ja­cob Zu­ma maak hul­le dus “po­li­ties bloot­ge­stel­de men­se”.

Ná die ter­reur­aan­val­le op 11 Sep­tem­ber 2001 op die VSA en die fi­nan­si­ë­le kri­sis van 2007 het al die lan­de wat deel van die in­ter­na­sio- na­le fi­nan­si­ë­le stel­sel is ’n prak­tyk, die so­ge­naam­de “ken-jou-kli­ënt­be­gin­sel”, aan­vaar.

Dit be­te­ken ba­sies dat’ n fi­nan­si­ë­le diens­te maat­skap­py’ n wet­li­ke ver­plig­ting het om sy kli­ën­te te “ken”.

Daar­om be­paal die Fi­ca-wet­ge­wing in Suid-A­fri­ka dat ’n kli­ënt sy i­den­ti­teits­do­ku­ment ,’ n be­wys van sy woon a­dres, bank­re­ke­ning­nom­mer en re­gis­tra­sie as be­las­ting­be­ta­ler aan die fi­nan­si­ë­le in­stel­ling moet ver­skaf.

In die ge­val van ’n po­li­ties bloot­ge­stel­de mens is hier­die ver­eis­tes aan­sien­lik stren­ger en moet die in­stel­ling sy kli­ënt nog baie be­ter ken. Dit is om­dat daar ’n baie gro­ter kans is dat po­li­ties bloot­ge­stel­de men­se be­trok­ke kan raak by geld­was­se­ry en an­der be­drieg­li­ke ak­ti­wi­tei­te.

Wan­neer ’n fi­nan­si­ë­le in­stel­ling met ’n po­li­ties bloot­ge­stel­de per­soon sa­ke wil doen, is die ken-jou­kli­ënt-ver­eis­tes dus be­dui­dend ho­ër. En wan­neer daar­die ver­eis­tes nie na­ge­kom word nie en die bank voort­gaan om sa­ke met daar­die kli­ënt te doen, kan dit die bank se re­pu­ta­sie knou en sy ban­de en ver­hou­dings met an­der ban­ke en in- stel­lings ska­de be­rok­ken.

So is daar by­voor­beeld Suid-A­fri­kaan­se ban­ke wat om dié re­de nie met se­ke­re ban­ke in A­fri­ka sa­ke doen nie. Daar is ook in­ter­na­si­o­na­le ban­ke wat ’n swart­lys van ban­ke het om­dat hul­le nie die no­di­ge rig­ly­ne of maat­re­ëls met be­trek­king tot po­li­ties bloot­ge­stel­de men­se na­kom nie.

Om­dat die Gup­tas po­li­ties bloot­ge­stel is, moet hul­le aan stren­ger ver­eis­tes vol­doen. Ie­wers het hul­le nie daar­aan vol­doen nie en dít is hoe­kom die fi­nan­si­ë­le in­stel­lings sa­ke­ban­de met hul­le ver­breek het.

Die in­stel­lings hoef nie te sê hoe­kom hul­le die Gup­tas uit­ge­skop het nie. Hul­le is on­der­ne­mings, hul­le is nie ’n ver­vol­gings­ge­sag of ’n on­der­soe­ken­de ge­sag nie.

Hul­le sou die Gup­tas bloot in ken­nis ge­stel het en hul­le ’n re­de­li­ke tyd ge­gee het (tus­sen drie en ses maan­de) om an­der re­ë­lings te tref.

Nie een van daar­die ban­ke kan dit be­kos­tig om by in­ter­na­si­o­na­le ban­ke in on­guns te ver­val of uit die in­ter­na­si­o­na­le fi­nan­si­ë­le stel­sel ge­skop te word nie.

Die feit dat die ban­ke dit ge­doen het, wys daar is ’n erns­ti­ge ro­kie, en waar daar­die ro­kie is, is waar­skyn­lik ’n e­nor­me vuur.

Die ban­ke sou ook nie met me­kaar hier­oor ge­praat of ge­kou­kus het nie.

In­teen­deel, ban­ke gaan uit hul pad om kom­mu­ni­ka­sie met me­kaar te ver­my uit vrees vir ’n oor­tre­ding van Suid-A­fri­ka se streng Me­de­din­gings­wet.

Uit­voe­ren­de hoof­de sal so­ver gaan om nie die­self­de ge­leent­he­de by te woon nie, selfs al is dit lief­da­dig­heids­ge­leent­he­de. En as dit wel ge­beur dat hul­le by die­self­de ge­leent­heid is, sal al­bei ’n no­ta in­dien oor wie waar was en waar­oor ge­praat is. Hul­le is ver­skrik­lik sen­si­tief daar­oor.

Daar sou dus be­slis nie ge­sprek­ke tus­sen die ban­ke daar­oor ge­wees het nie.

As die Gup­tas hul on­skuld wil be­wys, kan hul­le die fi­nan­si­ë­le in­stel­lings bloot van hul kli­ën­te ver­trou­lik­heid vry­waar en hul­le toe­laat om die re­des be­kend te maak vir die slui­ting van hul re­ke­nin­ge.

Die feit dat hul­le dit nie doen nie, is ui­ters be­te­ke­nis­vol. )

Fo­to: GCIS

A­tul Gup­ta en pres. Ja­cob Zu­ma.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.