Goeie Nuus

God hou nog­tans van ons

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

God het ons ge­vat soos ons is toe Hy ons Sy­ne ge­maak het – met ons fou­te en al. Dit waar­borg Chris­tus vir elk­een wat op sy pad leef. Hy het ons lief, maak nie saak wat ons ge­doen het, tans doen, of dalk nog in die toe­koms gaan doen nie.

Ons hoef nie ge­du­rig aan on­bil­li­ke pres­ta­sie klou­su­les te vol­doen om die He­re se er­ken­ning te wen nie.

Ook is daar nie al­ler­lei hoë gods­diens­ti­ge hek­kies voor ons op­ge­sta­pel waar­oor ons moet spring om God se aan­dag te trek nie.

Hy het al die hek­kies na­mens ons lank­al uit die pad ge­vat. Die pad na sy ge­na­de­troon is wa­wyd oop voor ons. Je­sus het die deur na God se hart vir ons oop­ge­maak. Ons hoef nie God se guns te ver­dien nie. Hy hou van ons, met ons te­kor­te en al. Hy het ons lief, selfs al weet Hy net mooi al­les van ons af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.