Al­lis­ter het ‘lek­ker ta­me­le­tjie’ op slot

Beeld - - Middelblad - S­te­phen Nell

Kaap­stad. – Hoe ge­maak met jou slot­kom­bi­na­sie as jy jou op E­ben Et­ze­beth, Pie­terS­te­ph du Toit én Lood de Ja­ger kan be­roep?

Dit is waar­skyn­lik die vraag waar­mee Al­lis­ter Coet­zee, S­pring­bok-af­rig­ter, wor­stel voor die eer­ste rug­by­toets in ’n reeks van drie teen Ier­land, wat op 11 Ju­nie af op Nu­we­land af­skop.

Et­ze­beth en Du Toit se puik lyn­staan­spel kan hul­le in die bin­ne­baan plaas.

Op­ta S­ports het s­ta­tis­tie­ke be­kend ge­maak wat toon dat hul­le tot dus­ver in van­jaar se Su­per­rug­by-reeks die mees­te om­keer­be­sit by lyn­sta­ne ge­wen het: Et­ze­beth ne­ge bal­le en Du Toit se­we.

Du Toit is in be­heer van die S­tor­mers se lyn­staan­te­kens en Coet­zee het hom straks in ge­dag­te as die man wat Vic­tor Mat­field op lang ter­myn as die Bok­ke se nr. 5-slot kan op­volg.

De Ja­ger bly na­tuur­lik ook ’n sterk aan­spraak­ma­ker. Hy het van­jaar al vier keer lyn­staan­be­sit van teen­stan­ders ge­steel en het ver­al ver­le­de jaar ’n bars­hou ge­speel.

Dit sal ook nie ver­baas as Coet­zee die Bul­le se puik jon­ge­ling RG Sny­man by sy plan­ne be­trek nie.

Fran­co Mos­tert, ’n uit­blin­ker vir die Leeus, is ook ’n aan­spraak­ma­ker, maar die be­sluit om sy loop­baan la­ter van­jaar in Frank­ryk voort te sit, kan sy kan­se be­dui­wel.

Du Toit, een van min uit­blin­kers vir die S­tor­mers in hul ge­lyk­op­stryd teen die Sun­wol­ves die af­ge­lo­pe na­week, het van­dees­week aan ge­sê die kwaai me­de­din­ging (op slot) spoor hom aan.

“Met sul­ke goeie s­pe­lers wat met my mee­ding, sal ek har­der moet werk en be­ter moet wees om my doel­wit­te te be­reik,” het Du Toit ge­sê.

“Die e­nig­ste ma­nier waar­op jy die bes­te ter wê­reld kan word, is wan­neer daar sterk me­de­din­ging is. Dit spoor ’n mens tot gro­ter hoog­tes aan.”

Sny­man, wat self puik by die lyn­sta­ne mee­ding, is in Sa­ter­dag se Su­per­rug­by-wed­stryd op Lof­tus Du Toit se reg­streek­se teen­stan­der.

Du Toit ver­wag ’n taai­er aan­slag van die Bul­le in die vas­te fa­set­te as in Fe­bru­a­rie se Nu­we­land-s­tryd, toe die S­tor­mers ge­mak­lik baas was.

Fo­to: GAL­LO I­MA­GES

Pie­ter­S­te­ph du Toit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.