Bok­geel­wor­tel help Lood peil lig

Beeld - - Middelblad - O­wen Kock

Die geel­wor­tel van in­slui­ting in die S­pring­bok-groep vir die reeks teen Ier­land is een van die re­des waar­om die C­hee­tahs se slot Lood de Ja­ger se spel­ge­hal­te die laas­te paar wed­stry­de aan­sien­lik ver­be­ter het.

Ver­ge­le­ke met die spel wat hom SA Rug­by se Spe­ler van die Jaar in 2015 ge­maak het, het De Ja­ger van­jaar ’n ef­fen­se in­sin­king in sy eer­ste vol­waar­di­ge Su­per­rug­by-reeks be­leef.

Hy is nou weer ge­fo­kus en lus vir rug­by.

“Ek dink be­slis dat in­slui­ting in die S­pring­bok­groep iets te ma­ke het met my spel. ’n Mens pro­beer nie al­tyd daar­aan dink nie, jy pro­beer net jou wed­stryd speel en jou peil te­rug­kry.

“Dit was be­slis ’n mik­punt wat ek van­jaar vir my­self ge­stel het en ho­pe­lik kan ek deel wees van daar­die Bok­span wat teen Ier­land gaan speel,” het De Ja­ger ge­sê.

Hy het er­ken dat hy van­jaar ’n stil­le­ri­ge be­gin ge­had het, maar sê dat hy in­tus­sen die peil her­win het wat hy wou hê.

“Ek het nog nooit op die rug­by­veld ge­gaan en nié my al­les ge­gee nie. Ek dink soms is jou lyf nie al­tyd saam met jou daar nie, maar my kop is al­tyd by die spel. Ek wil net my bes­te vir die C­hee­tahs gee. Die laas­te paar we­ke het dit vir my goed ge­gaan.”

Hy is nie van plan om die­ge­ne wat sy eer­be­wys as die Bok­ke se bes­te spe­ler vroe­ër be­vraag­te­ken het, ver­keerd te be­wys nie.

“Ag, nee wat, dit was ver­le­de jaar en dit is nou ver­by. Ek dink ek het ver­le­de jaar ’n goeie jaar ge­had en van­jaar nie te warm be­gin nie. Ho­pe­lik kan ek nou van krag tot krag gaan en el­ke week ’n goeie ver­to­ning le­wer,” sê De Ja­ger.

Hy weet daar is rug­by­lui wat sê dat die C­hee­tahs net die swak­ker span­ne (Sun­wol­ves en Sout­hern Kings) kan klop, maar hul­le steur hul­le nie daar­aan nie.

Die C­hee­tahs het die sei­soen nog net drie wed­stry­de ge­wen, twee teen die span van Ja­pan en een teen die Kings. “Die S­tor­mers het die na­week ge­lyk­op ge­speel teen die Sun­wol­ves en ons het 92 pun­te teen hul­le (Sun­wol­ves) aan­ge­te­ken.

“Die Kings het ’n paar span­ne van­jaar ver­ras en het net-net teen die Hur­ri­ca­nes in Wel­ling­ton ver­loor. Ek dink nie ons sei­soen is ’n trein­on­ge­luk nie, ons was nog in el­ke wed­stryd, want ons kon min­stens ’n punt daar­uit kry of ge­wen het.

“Ons is nooit deur e­ni­ge span oor­don­der nie. Ons bly po­si­tief en kan nie wag om vol­gen­de na­week ons stem­pel op Nu­we­land af te druk nie.”

Daar sal hy hom weer teen slot­te soos Pie­ter-S­te­ph du Toit en E­ben Et­ze­beth kan meet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.