Carr, Ko­li­si en Bur­ger in be­gin­span?

Beeld - - Middelblad - S­te­phen Nell

Kaap­stad. – Rob­bie F­leck, die S­tor­mers se af­rig­ter, sal straks van­dag vir Ni­zaam Carr, Siya Ko­li­si en S­chalk Bur­ger aan­wys as die los­voor­spe­ler­kom­bi­na­sie wat hy vo­ren­toe ge­reeld in van­jaar se Su­per­rug­by-reeks sal in­span.

Tot dus­ver was F­leck on­be­sten­dig met sy span­keu­ses wat dié drie, as­ook Sik­hum­bu­zo Nots­he, be­tref. Hul­le is dik­wels ge­ro­teer so­dat al­mal ge­reeld wed­stry­de kon be­gin.

Ryn­hardt El­stadt het die af­ge­lo­pe na­week teen die Sun­wol­ves ook ’n ver­sky­ning as nr. 6-flank ge­maak.

Hy en Nots­he sal na ver­wag­ting op die plaas­ver­van­gers­bank wees vir Sa­ter­dag­aand se wed­stryd teen die Bul­le In P­re­to­ria.

“Ek wil graag nou op ’n los­trio be­sluit wat die fak­kel vo­ren­toe sal dra. Die­self­de geld vir die mees­te po­si­sies. Die keu­se van Ryn­hardt op flank ver­le­de week het vir my ’n goeie i­dee ge­gee van wat in ons spens is,” het F­leck ge­sê.

“By­ge­sê hou ons met span­keu­ses die aan­slag wat ons van ’n spe­si­fie­ke teen­stan­der ver­wag, in ge­dag­te.”

’n In­te­res­san­te vraag is hoe F­leck nou Carr se toe­koms be­skou. Carr het tot op he­de vyf wed­stry­de as agt­ste­man en vier as oop­kant­flank be­gin. Sy grond­spel het die in­druk ge­wek dat hy ’n blink toe­koms in die nr. 6-trui kan hê.

Op sy beurt het Bur­ger vyf keer as agt­ste­man be­gin en twee as steel­kant­flank.

’n Be­re­ken­de raai­skoot is vir Carr om vo­ren­toe op flank te speel en Bur­ger om as agt­ste­man te­rug te keer, na­dat hy teen die Sun­wol­ves in Sin­ga­poer op die plaas­ver­van­ger­bank was.

Nots­he het die sei­soen be­gin met die doel­wit om hom op die bal­jag­ters­rol toe te spits. Sy guns­te­ling­po­si­sie is agt­ste­man en daar­na steel­kant­flank.

Carr staan kop en skou­ers bo die res uit wat be­tref die af­dwing van om­keer­be­sit. Hy het ne­ge van die teen­stan­ders se bal­le ge­buit teen­oor Bur­ger se twee en Ko­li­si en Nots­he se drie elk. By­ge­sê het Carr meer ge­reeld as die an­der be­gin.

Hy is ook die los­voor­spe­ler wat ver­re­weg die mees­te deur die S­tor­mers as ’n lyn­staan­op­sie ge­bruik word.

On­der die slot­te is dit voor die hand lig­gend dat E­ben Et­ze­beth en Pie­ter-S­te­ph du Toit die S­tor­mers se voor­ste slot­paar is.

Hul­le be­hoort Sa­ter­dag saam teen die Bul­le uit te draf, maar Du Toit sal dalk die daar­op­vol­gen­de week rus­kans kry wan­neer die S­tor­mers teen die C­hee­tahs speel.

Aan­vank­lik is be­plan dat hy ver­le­de na­week se wed­stryd teen die Sun­wol­ves sou mis­loop, maar hy is ge­kies om­dat Et­ze­beth nog las ge­had het van ’n kuit­be­se­ring.

Met Ju­an de Jongh se dy­spier

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.