‘Dis No­vak se beurt’

Mur­ray, Na­dal ook in pyl­vak

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Bloem­fon­tein. – Op Ro­land Gar­ros word krag­me­tings oor vyf moont­li­ke stel­le be­slis en daar­om is No­vak D­jo­ko­vic sy guns­te­ling om van­jaar die Fran­se ten­niso­pe te wen.

Só sê John-Laf­f­nie de Ja­ger, voor­ma­li­ge Da­vis- en Fed­be­ke­r­af­rig­ter van Suid-A­fri­ka.

Die Fran­se Ope is die een Grand Slam-ti­tel wat die 28-ja­ri­ge nom­me­reen­spe­ler van die wê­reld se­dert 2005 steeds ont­wyk. D­jo­ko­vic het ver­le­de jaar die der­de keer in vier jaar die eind­stryd in Pa­rys ge­haal, net om hom teen S­tan Wa­wrin­ka van S­wit­ser­land vas te loop.

De Ja­ger glo dis van­jaar die Ser­wi­ër se jaar, al het hy in die op­mars reeds twee keer – in sy eer­ste wed­stryd in Mon­te Car­lo en in die eind­stryd in Ro­me, op klei klei­ge­trap. D­jo­ko­vic het in­tus­sen die Ma­drid-ope ge­wen.

In al dié op­warm­toer­nooie ter voor­be­rei­ding vir die Fran­se Ope wat dié na­week be­gin, word wed­stry­de oor drie moont­li­ke stel­le be­slis.

“Ek glo oor vyf stel­le is No­vak die guns­te­ling. Dit is die een toer­nooi wat hy baie graag wil wen.

“Ek glo hy het baie ge­leer uit ver­le­de jaar se eind­stryd toe hy bie­tjie ‘ge­vries’ en angs­tig ge­raak het. Hier­die jaar is hy reg.”

De Ja­ger sê in die­self­de a­sem dat die S­kot An­dy Mur­ray, wat ook nog nooit die Fran­se Ope Fo­to’s: GET­TY I­MA­GES kon wen nie, nie bui­te re­ke­ning ge­laat moet word nie.

“An­dy Mur­ray het die na­week (in Ro­me) ge­wys dat hy ook ’n groot guns­te­ling is vir die ti­tel op Ro­land Gar­ros.”

Mur­ray en D­jo­ko­vic was die fi­na­lis­te in van­dees­maand se laas­te twee ver­na­me op­warm­toer­nooie.

Mur­ray het die af­ge­lo­pe na- week in Ro­me die bord­jies in­druk­wek­kend in twee stel­le teen D­jo­ko­vic ver­hang.

Die was sy eer­ste se­ge in vyf pro­beer­slae op klei teen D­jo­ko­vic. Dit sal hom baie self­ver­troue gee, ver­al as hul paaie nou weer kruis.

Mur­ray het in Ma­drid ook goed ver­toon, maar moes daar in drie stel­le die knie buig teen D­jo­ko­vic, wat ná ’n rus­kans te­rug­ge­keer het.

Ra­fa­el Na­dal van S­pan­je het vroe­ër met ag­ter­een­vol­gen­de ti­tels in Mon­te Car­lo en Bar­ce­lo­na ge­wys sy aan­spraak op ’n tien­de ti­tel in die Fran­se hoof­stad kan nie mis­ge­kyk word nie.

Die “ko­ning van klei” het nog net twee van sy 72 wed­stry­de in sy loop­baan daar ver­loor.

“Ra­fa gaan al­tyd deel van die meng­sel wees, maar ek glo nie hy gaan No­vak of An­dy klop nie,” het De Ja­ger ge­sê.

Mur­ray het Na­dal in die half­eind­ron­de in Ma­drid uit­ge­ska­kel en D­jo­ko­vic het hom in die kwart­eind­ron­de in Ro­me ge­stuit.

Soms werk din­ge nié in jou guns as jy di­rek vir ’n half­eind­stryd kwa­li­fi­seer nie. Ons moet fo­kus op dit wat ons kan doen.

No­vak D­jo­ko­vic. Is dit van­jaar sy jaar om die Fran­se Ope te wen?

An­dy Mur­ray. Kan nie bui­te re­ke­ning ge­laat word nie.

Ra­fa­el Na­dal. Kan nie mis­ge­kyk word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.