S­tings on­danks om­pad op koers

Beeld - - Sport - Ann­chen Nel Ro­chel­le Law­son (links) maak die le­we moei­lik vir T­hu­li­si­le Nhle­ko van die Sun­bi­rds in ’n Bru­tal Fruit­wed­stryd wat ver­le­de Vry­dag ge­speel is.

Kaap­stad. – Hul­le sal met die lang pad langs óók by hul eind­be­stem­ming uit­kom.

Só het Ro­chel­le Law­son, on­der­kap­tein van die Sout­hern S­tings, ge­sê oor die feit dat sy en haar span­maats Sa­ter­dag in ’n kwart­eind­stryd in die Bru­tal Fruit-p­re­mier­liga moet speel.

Die Wes-Kaap­se net­bal­span se ef­fen­se om­pad na ’n moont­li­ke half­eind­stryd is só ge­pla­vlei na­dat hy die af­ge­lo­pe Sa­ter­dag met ’n en­ke­le doel (3132) teen die Vry­staat­se C­ri­nums ver­loor het.

Die Fla­mes van Noord­wes (17 pun­te) en die Gau­teng­se Ja­guars (15 pun­te) het eer­ste en twee­de ge­ëin­dig en só reg­streeks vir die half­eind­ron­de op 28 Mei ge­kwa­li­fi­seer.

Die S­tings kom nou in Dur­ban teen die King­dom S­tars van K­waZu­lu-Na­tal te staan.

Die C­ri­nums sal ’n kwart­eind­stryd teen die Gol­den Fi- re­balls van Gau­teng speel.

Die S­tars het nog nie dié sei­soen aan die ver­wag­tin­ge vol­doen nie en ses­de ge­ëin­dig.

Law­son (24), ’n Pro­tea-hulp­ver­de­di­ger, het ge­sê die S­tings on­der­skat geen span nie.

“’n Mens het soms ’n voor­op­ge­stel­de i­dee van hoe ’n span gaan speel en dan ge- beur dit nie so nie.

“Soms werk din­ge nié in jou guns as jy di­rek vir ’n half­eind­stryd kwa­li­fi­seer nie.

“Ons moet fo­kus op dit wat ons kan doen,” het Law­son, teen die C­ri­nums die Spe­ler van die Wed­stryd, ge­sê.

“As jy so ’n toe­ken­ning kry, is dit om­dat ses span­maats jou 100% on­der­steun het,” het sy hier­oor by­ge­voeg.

Law­son het ge­sê haar sa­me­spel met die er­va­re Pro­te­a­ver­de­di­ger A­dé­le Nie­mand “het my loop­baan oop­ge­maak”. “Haar er­va­ring bring ge­rus­stel­ling. Sy het ’n baie groot in­vloed op my spel.”

Die S­tings speel van­aand teen die Van der Stel-klub in ’n oe­fen­wed­stryd. ) Net­bal Suid-A­fri­ka (NSA) het in­tus­sen be­ves­tig die Aus­tra­lie­se af­rig­ters Nor­ma Plum­mer en Ni­co­le Cu­sack is op pad en sal die laas­te twee na­we­ke van die li­ga by­woon, as­ook die Pro­tea-oe­fen­kamp wat di­rek daar­na sal be­gin.

‘Goue’ B­rit kan Tour de Fran­ce mis­loop

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.