Ra­ba­da: ‘Ek het ’n blaas­kans no­dig ge­had’

Beeld - - Sport - Heinz S­chenk

Jo­han­nes­burg. – Ka­gi­so Ra­ba­da er­ken die blaas­kans tus­sen Maart se T20-Wê­reld­toer­nooi en aan­staan­de maand se drie­hoe­ki­ge een­dag­reeks in die Wes-In­die­se Ei­lan­de was ty­dig.

Dit is dees­dae nie mak­lik om dié 20-ja­ri­ge snel­boul-ster te wees nie – hy is im­mers SuidA­fri­kaan­se k­rie­ket se nu­we held.

En in die hui­di­ge po­li­tie­ke kli­maat be­te­ken dit die ver­wag­tin­ge kan ’n spe­ler ver­smoor.

“Ek is dank­baar ek kon ’n bie­tjie na­be­trag­ting doen,” het Ra­ba­da gis­ter hier ge­sê.

“Na­tuur­lik het ek baie as spe­ler ge­leer, maar ek is bly ek kon weer ’n bie­tjie dink oor my mens­wees. Baie het die af­ge­lo­pe jaar in my le­we ver­an­der. Ek kon weer din­ge doen wat nie ver­band hou met k­rie­ket nie.”

Sy in­druk­wek­ken­de ver­to- nings teen En­ge­land het hom sum­mier as een van die Pro­te­as se boul­lei­ers ge­ves­tig, maar daar was ge­noeg aan­dui­dings in die T20-skou­spel in In­dië dat hy gees­te­lik moeg be­gin raak het.

Ra­ba­da het steeds vyf paal­tjies plat­ge­trek, maar ge­mid­deld tien lo­pies per beurt af­ge­staan en in die ge­heel swak aan­ge­pas op die wis­sel­val­li­ge In­die­se blaaie.

“Daar­die toer­nooi was baie te­leur­stel­lend. Ek het ’n goeie sei­soen ge­had en tog het dit swak­ke­rig ge­ëin­dig,” het hy ge­sê.

“El­ke blad het ver­skil in aard, wat be­te­ken jy moet aan­pas­baar as jy ’n top-bou­ler wees. Ek was nie, want ek het swak ge­boul.”

Hy is só ge­dre­we dat hy selfs sy ver­to­nings – en die Pro­te­as s’n – as “een van die on­aan­ge­naam­ste tyd­per­ke” in sy kort loop­baan be­stem­pel.

“Ek moes die te­leur­stel­ling van my eie spel han­teer en boon­op is ons vroeg in die toer­nooi uit­ge­ska­kel. Die ge­moe­de­re het maar hoog ge­loop en dit maak ’n mens gees­te­lik moeg,” het Ra­ba­da er­ken.

Tog glo hy die les­se wat ge­leer is, sal hom gif­tig op die Ka­ri­bie­se Ei­lan­de se wis­sel­val­li­ge blaaie maak.

“Die aard van die blaaie daar is se­ker die­self­de as in In­dië,” het Ra­ba­da ge­sê.

“Maar op die ou end bly die wen­re­sep aan­pas­baar­heid. Ek moet net die vaar­dig­heid kweek om die toe­stan­de spoe­dig te ont­leed en dan met die reg­te be­na­de­ring vo­ren­dag kom. Ek glo In­dië het my ’n bie­tjie in dié ver­band ge­slyp.”

Fo­to: GAL­LO I­MA­GES

Ka­gi­so Ra­ba­da staan gis­ter op die Wan­de­rers in Jo­han­nes­burg die me­dia te woord.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.