Op­slag­bal: ‘Soos ’n trok in die ge­sig’

Beeld - - Sport - Re­dak­sie – S­port­

Vi­sak­ha­pat­nam. – “Dit het ge­voel soos ’n trok wat my in die ge­sig tref,” het Ge­or­ge Bai­ley van Aus­tra­lië ge­sê na­dat sy land­ge­noot Nat­han Coul­ter-Ni­le hom Dins­dag in ’n krie­ket­wed­stryd in die In­die­se P­re­mier­liga met ’n op­slag­bal teen die kop­skerm raak­ge­boul het.

Die voor­ma­li­ge Aus­sie­kap­tein, wat vir die Ri­sing Pu­ne Su­per­gi­ants speel, kon ge­luk­kig on­ge­deerd voort­kolf.

Die Del­hi Da­re­de­vils se Coul­ter-Ni­le het in die se­wen­de beurt ’n kort af­le­we­ring af­ge­stuur toe Bai­ley ’n rand­jie by­kry. Die bal het met ’n ge­wel­di­ge slag met die voor­kant van Bai­ley se kop­skerm ken­nis ge­maak.

Die im­pak het ver­oor­saak dat die kop­skerm am­per dis­in­te­greer, met die stuk­ke wat ra­ke­lings ver­by sy paal­tjies ge­vlieg het.

“Die­ge­ne wat dit op TV ge­kyk het, het ’n be­ter prent­jie as ek ge­kry, want al wat ek soort van kan ont­hou is dit het ge­voel soos ’n trok wat my in die ge­sig tref,” het Bai­ley aan ABCNews ge­sê.

“Dit was ’n baie vin­ni­ge af­le­we­ring ge­wees. Ek kan bly wees ek het een van die nu­we kop­skerms ge­dra.”

Hoe­wel Bai­ley slegs agt van 18 bal­le kon be­haal, het sy span die wed­stryd uit­ein­de­lik met 19 lo­pies be­klink.

K­rie­ket Aus­tra­lië (KA) het ver­le­de week die be­vin­din­ge van ’n on­af­hank­li­ke on­der­soek na die dood van die voor­ma­li­ge Aus­sie-toets­kol­wer P­hil­lip Hug­hes be­kend ge­maak.

Hug­hes is in No­vem­ber 2014 op die SCG deur ’n op­slag­bal teen die ag­ter­kop ge­tref. Hy het twee dae la­ter in die hos­pi­taal weens bloe­ding op die brein ge­sterf.

Ge­or­ge Bai­ley

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.