KSA kry borg oor hy hom aan­pas

Beeld - - Sport - Heinz S­chenk

Jo­han­nes­burg. – K­rie­ket Suid-A­fri­ka (KSA) se ge­wil­lig­heid om sy struk­tu­re te her­sien, eer­der as sy be­sten­dig­heid, het S­tan­dard Bank oor­tuig om die Pro­te­as se hoof­borg te word.

Dié bankreus – die groot­ste op die vas­te­land–het gis­ter’ n vier jaar oor­een­kom sin al drie weer­ga­wes van die spel ge­sluit te mid­de van ver­skeie uit­da­gings wat die plaas­li­ke be­heer­lig­gaam moet han­teer.

Dit is in­der­daad nie nood­wen­dig die voor­spoe­dig­ste tyd­perk vir SuidA­fri­kaan­se k­rie­ket nie.

Die na­si­o­na­le span­ne se swak ver­to­nings­lys­te het KSA ver­le­de maand ge­dwing om ’n on­af­hank­li­ke ko­mi­tee aan te stel om al­le as­pek­te aan­gaan­de hoë pres­ta­sie te be­oor­deel en te her­sien.

Plaas­li­ke k­rie­ket, ge­ken­merk deur streng kwo­ta­ver­eis­tes, is ook on­der die loep en ’n taak­span is be­sig om sa­me­spre­kings met ver­skeie be­lang­heb­ben­des te hou.

Ha­roon Lor­gat, KSA se uit­voe­ren­de hoof, het rui­ter­lik er­ken die fe­de­ra­sie se nu­we kom­mer­si­ë­le ven­noot sluit op ’n “moei­li­ke, maar in­te­res­san­te” tyd­stip aan.

“Ons is eer­ste om te er­ken dit was ’n mid­del­ma­ti­ge sei­soen vir die Pro­te­as. “Hul­le het be­slis ’n oor­gangs­fa­se be­tree, maar dit is nie ’n ver­sko­ning vir swak uit­slae nie. Ek is vol ver­troue die span sal bin­ne­kort weer op dreef wees,” het hy ge­sê.

Lor­gat het weer be­na­druk die on­af­hank­li­ke ko­mi­tee moet ge­noeg tyd ge­gun word om sy taak te ver­rig. “Die pro­ses vor­der tot dus­ver goed,” het hy ge­sê.

KSA het ook be­ves­tig hy is be­sig om plan­ne te be­raam om die plaas­li­ke T20-reeks se kom­mer­si­ë­le mo­del aan te pas so­dat dit moont­lik aan­staan­de sei­soen’ nher be­kend­stel­ling gaan be­no­dig.

Dié reeks word ge­knie­hal­ter deur Suid-A­fri­ka se swak wis­sel­koers, wat KSA ver­hoed om be­ken­de bui­te­land­se s­pe­lers te lok, en was boon­op ver­le­de sei­soen deur be­weer­de wed­stryd­knoei­e­ry on­der ’n wolk van om­stre­den­heid.

Beeld het wel vroe­ër by die uit­voe­ren­de hoof­de van ver­skeie fran­chi­ses ver­neem dat se­ke­re plaas­li­ke be­amp­tes nie nood­wen­dig oor­tuig is dat dit die moei­te werd is om die T20-reeks te her­sien nie, juis weens die e­ko­no­mie­se kli­maat.

Nie­te­min is S­tan­dard Bank ge­wil­lig om deel te wees van die nu­we rig­ting wat KSA wil in­slaan.

“Ons is toe­ge­wyd tot k­rie­ket. Ons wil dit vir el­ke Suid-A­fri­ka­ner ont­wik­kel,” het Ben Kru­ger, uit­voe­ren­de hoof, ge­sê.

“Ons wil die s­port deur die goeie en sleg­te tye on­der­steun.”

Ons wil die s­port deur die goeie en sleg­te tye on­der­steun. — BEN KRU­GER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.