Bul­le kies Ar­no op agt­ste­man

Beeld - - Sport - – Co­bus Claas­sen

P­re­to­ria. – Daar word twee goed in die Bul­le­kamp be­sef: Die Sun­wol­ves het hul­le geen guns be­wys nie en die S­tor­mers sal Sa­ter­dag­aand om­ge­suk­kel wees op Lof­tus Vers­feld.

Nol­lis Ma­rais, die Bul­le se hoof­brei­er, is gis­ter ge­vra of hy ver­ras was deur die S­tor­mers se flou Su­per­rug­by­ver­to­ning in Sin­ga­poer teen die Sun­wol­ves.

“Ons ge­bruik dit hoe­ge­naamd nie as ’n maat­staf nie. Om in Sin­ga­poer te speel, is al­les be­hal­we mak­lik. Ons was ge­luk­kig om die Sun­wol­ves daar te klop en so ook die C­hee­tahs.

“Die S­tor­mers word kwaai ge­kri­ti­seer in die Kaap en hul­le sal Lof­tus toe kom om ’n punt te be­wys.”

Ma­rais is ge­vra of hy eer­der sou ver­kies het dat die S­tor­mers ’n oor­tui­gen­de se­ge oor die Sun­wol­ves be­haal het. “Nee, ek sou ver­kies het dat hul­le ver ver­loor het. Dit is nooit goed as die S­tor­mers wen nie,” het hy ge­ skerts.

Daar is vier ver­an­de­rings aan die span wat Sa­ter­dag in Syd­ney teen die Wa­ra­tahs slae ge­kry het. Fran­cois Brum­mer en Piet van Zyl is die nu­we ska­kel­paar in Ti­an S­choe­man en Ru­dy Pai­ge se plek­ke en Tra­vis Is­mai­el keer as lin­ker­vleu­el te­rug.

B­jorn Bas­son, wat die nr. 11trui teen die ’Tahs ge­dra het, suk­kel met ’n kuit­be­se­ring en is nie oor­weeg nie.

Die e­nig­ste ver­an­de­ring in die agt­tal is Ar­no Bo­tha wat op agt­ste­man by Han­ro Lie­ben­berg oor­vat. Twee er­va­re man­ne – D eon S­teg man­ne nG rant Ha ttin g h–i­sop plaas­ver­van­gers­bank ge­kies.

Bul­le: SP Ma­rais, Jam­ba U­len­go, Jes­se K­riel, Jan Ser­fon­tein, Tra­vis Is­mai­el, Fran­cois Brum­mer, Piet van Zyl, Ar­no Bo­tha, Jan­nes Kir­sten, Lap­pies La­bu­schag­né, RG Sny­man, Ja­son Jen­kins, Mar­cel van der Mer­we, A­dri­aan S­trauss (k), Li­zo G­qo­bo­ka. PLAASVERVANGERS: Ja­co Vi­sa­gie, T­re­vor Ny­a­ka­ne, Pier­re S­choe­man, Grant Hat­tingh, De­on S­teg­mann, Ru­dy Pai­ge, Ti­an S­choe­man, D­ries S­wa­ne­poel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.