Bl. 2 Klomp klein­tjies is on­der­weg Suid­A­fri­ka toe

Beeld - - Motors - Fer­di de Vos Re­nault K­wid

’NMoe­son van In­die­se sport­nuts­buk­se is op die punt om SuidA­fri­ka te tref, met vyf van hier­die mi­kro-kruis­ry­goed, be­ne­wens die Ma­hin­dra KUV100 wat oor twee we­ke hier sal wees, ge­oor­merk om die land in die vol­gen­de 12 maan­de bin­ne te waai.

Die gier na hier­die soort voer­tuie is te dan­ke aan die nei­ging om nor­ma­le klein luik rûe met al­ler­han­de plas­tiek be­dek­kings, gro­ter wie­le en an­der wil­de by­kom­stig­he­de op te kik­ker om­hul gro­ter kruis/ s­port nut s-neefs na­te boots.

Voor­beel­de van hier­die kwa­si­kruis­buk­se sluit mo­del­le soos Toyo­ta se E­ti­os Cross, die VW Po­lo Cross, Re­nault se San­dero S­tep­way en die Gee­ly LC Cross in. Aan­ge­vuur deur groei­en­de ko­per be­lang­stel­ling het hier­die soort voer­tuie nou ver­an­der van op­ge­kik­ker­de weer­ga­wes van be­staan­de luik­rûe na spe­si­fiek ont­werp­te, doel­ge­bou­de mo­del­le in eie reg.

Be­hal­we vir ko­per­voor­keu­re vir klei­ner maar rui­mer ry­goed met by­der­wet­se dog ru­we sport­nuts-sti­le­ring, is hier­die nei­ging ook deur re­ge­rings aan­spo­rings in In­dië–soos groot be­las­ting­voor­de­le vir mo­del­le kor­ter as vier me­ter – ver­snel.

En dié klei­ner, rui­mer, by­der­wet­se én goed­ko­per ry­goed mag dalk net die ant­woord vir plaas­li­ke ko­pers wees in ’n suk­ke­len­de e­ko­no­mie waar hul­le el­ke swaar­ver­dien­de sent twee keer moet om­draai . . .

Ma­hin­dra KUV100

Die KUV100 word deur Ma­hin­dra se nu­we, self­ont­wik­kel­de mFal­con G80-drie­si­lin­der-tur­bo­en­jin van 1.2 li­ter aan­ge­dryf wat ’n ge­noeg­li­ke 61 kW en 115 Nm le­wer.

Die C­ha­kan-ge­bou­de mi­nis­port­nuts sal ook hier met die mFal­con D75-drie­si­lin­der-tur­bo­die­sel (57,4 kW en 190 Nm) be­stel kan word.

Su­zu­ki Ig­nis

Die sub-kom­pak­te Su­zu­ki Ig­nis­sport­nuts is ge­grond op die i-M4kon­sep­ry­ding wat sy ver­sky­ning by ver­le­de jaar se Ge­neef­se mo­tor­skou ge­maak het, voor­dat dit in To­kio en vroe­ër van­jaar op die Au­to Ex­po in Del­hi ver­toon is.

Die Ig­nis word in Ok­to­ber van­jaar in In­dië be­kend ge­stel. ’n Woord­voer­der van Su­zu­ki Au­to SA het be­ves­tig die klein­ding, ge­bou deur Ma­ru­ti-Su­zu­ki in Ma­ne­sar na­by Del­hi, sal kort ná sy In­die­se be­kend­stel­ling ook hier­heen kom.

Aan­vank­li­ke aan­dui­dings is dat dit deur die Ja­pan­se ver­vaar­di­ger se be­trou­ba­re vier­si­lin­der­pe­trol­en­jin van 1.2 li­ter (63 kW en 115 Nm), wat ook in die S­wift diens doen, aan­ge­dryf sal word.

Die Ig­nis sal in In­dië ook met ’n Fi­at-ont­wik­kel­de 1.3 li­ter-DDiS­tur­bo­die­sel­en­jin (55 kW en 190 Nm wring­krag) be­skik­baar wees, maar hier­die weer­ga­we is heel moont­lik nie vir Suid-A­fri­ka be­sko­re nie. Tot on­langs toe het Re­nault SuidA­fri­ka nog vol­ge­hou die In­dies ver­vaar­dig­de K­wid met sy piep­klein 800 cc-krag­bron word nie vir die plaas­li­ke mark oor­weeg nie.

Dit blyk eg­ter nou die K­wid sal bin­ne­kort met ’n een­li­ter-drie­si­lin­der­en­jin (wat 52 kW en 91 Nm wring­krag le­wer) toe­ge­rus word.

Dié ont­wik­ke­lin­ge het Re­nault se sie­ning klaar­blyk­lik ver­an­der, want die ver­vaar­di­ger het nou laat blyk die K­wid word be­slis vir plaas­li­ke be­kend­stel­ling oor­weeg – dalk nog voor ein­de van­jaar.

Die K­wid, ge­bou in C­hen­nai op Re­nault-Nis­san se CMF-A-plat­form, sal net on­der die San­dero en C­lio in die plaas­li­ke reeks in­pas.

’n Die­sel­weer­ga­we, ver­moe­de­lik aan­ge­dryf deur ’n nu­we 1 li­ter-drie­si­lin­der-tur­bo­en­jin wat deur Nis­san ont­wik­kel word en 41 kW en 135 Nm wring­krag gee, word klaar­blyk­lik ook ont­wik­kel.

Dat­sun re­di­GO

Dat­sun se jong­ste mo­del, aan­vank­lik in 2014 op die Au­to Ex­po in Del­hi as kon­sep ver­toon, maak aan­staan­de maand sy bui­ging in In­dië en is ook be­ves­tig vir plaas­li­ke be­kend­stel­ling.

Dis Dat­sun se der­de mo­del in die In­die­se mark naas die GO en GO+-veel­doe­ler en deel sy CMFA-plat­form met die K­wid.

Die re­di-GO word ook deur die kom­pak­te 0.8 li­ter-drie si­lin­der en­jin met vyf gang rat­kas( blyk­baar met kor­ter eer­ste-en twee­de rat­ver­hou­dings as di eK w id) aan­ge­dryf.

Na ver­wag­ting sal die re­di-GO la­ter ook met ’n ou­to-trans­mis­sie be­skik­baar wees, en ’n die­sel­mo­del word glo oor­weeg.

Ta­ta Nexon

Die Nexon is ’n in­te­res­san­te toe­voe­ging tot die Ta­ta-reeks. Dis ge­oor­merk vir be­kend­stel­ling in In­dië in No­vem­ber en word aan­staan­de jaar hier ver­wag.

Die Nexon is ge­grond op ’n aan­ge­pas­te X1-plat­form en met sy leng­te van 3 995 mm en 200 mm ry­hoog­te pak dit die Ford E­cos­port, TUV300, Vi­ta­ra, Hon­da BR-V en Hyun­dai C­re­ta, maar met geen klei­ner Ta­ta-kruis­tuig be­skik­baar nie, ook die K­wid, re­di-GO, Ig­nis en KUV100.

Die kom­pak­te kruis­voer­tuig ge­bruik die­self­de dryf­stel­sels as die Bo lt, naam­lik’ n drie si­lin­dert u r bo­aan ge­dre­we Re­vo­tron-pe­trol en­jin van 1.2 li­ter (66 k Wen 140 Nm) of die Qu­a­dra­jet-tur­bo­die­sel van 1.3 li­ter (55 kW en 190 Nm).

An­der moont­lik­he­de

Be­hal­we die bo­ge­noem­de mo­del­le wat be­slis hul plaas­li­ke bui­ging gaan maak, is die C­hev­ro­let Be­at (of­te­wel S­park) Activ ’n an­der klein mi­ni-kruis­ry­ding wat moont­lik in Suid-A­fri­ka sal werk.

Ont­wik­ke­ling van dié bon­ki­ger S­park-mo­del, wat in kon­sep­vorm op van­jaar se Au­to Ex­po in In­dië ver­toon is, is ste­wig aan die gang in Suid-Ko­rea. ’n Weer­ga­we daar­van kan dalk hier vir plaas­li­ke ver­vaar­di­ging oor­weeg word.

Be­ne­wens In­dië is Bra­si­lië ook goed ge­po­si­si­o­neer wat moont­li­ke mo­delaan­bie­dings vir SuidA­fri­ka be­tref.

’n Bra­si­li­aan­se mi­ni-ry­ding wat ook vir plaas­li­ke ge­bruik oor­weeg kan word, is Fi­at se splin­ter­nu­we Mo­bi wat on­der die Pan­da in die I­ta­li­aan­se maat­skap­py se reeks in­pas.

In Bra­si­lië word dit deur ’n f lek s i-brand­stof-een li­ter-vier si­lin­der en­jin aan­ge­dryf wat 54 k Wen 93 Nm le­wer.

Die KUV100 se voor­lig­te kruip ver langs die kan­te ag­ter­toe.

Die Dat­sun re­di­GO het ge­luk­kig nie ’n bank­sit­plek voor soos die ge­wo­ne GO nie.

Die C­hev­ro­let Acti­ve is die mooi­ste S­park wat daar is.

Van voor lyk die Su­zu­ki Ig­nis heel spor­tief.

Die KUV100 lyk heel mo­dern bin­ne.

Die Dat­sun re­di­GO.

Die Fi­at Mo­bi het ’n paar groot lig­te voor.

Ta­ta se nu­we Nexon.

Die Fi­at Mo­bi se bin­ne­ruim lyk soos an­der Fi­ats s’n.

Die Ta­ta Nexon het ’n keu­ri­ge bin­ne­ruim.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.