Dis mos ’n op­skop met hier­die Kicks

Beeld - - Motors -

Nou­dat s­port van­jaar in Suid-A­me­ri­ka be­son­der pro­mi­nent is om­dat die O­lim­pie­se S­pe­le in Au­gus­tus in Rio de Ja­nei­ro, Bra­si­lië, aan­ge­bied word, het Nis­san pas sy nu­we Kicks in dié sok­ker­mal land ont­hul.

Die Kicks is ’n klein sport­nuts wat in Nis­san se nu­we aan­leg in Rio ge­bou gaan word en groot­liks vir die Suid-A­me­ri­kaan­se mark be­doel is. Nis­san bou reeds die klein Mi­cra in sy Ri­o­fa­briek.

Nis­san sê hy sal la­ter ’n reg­ter­stuur­mo­del bou wat ook vir Suid-A­fri­ka ge­reed sal wees. Dit sal eg­ter Nis­san Suid-A­fri­ka se keu­se wees of hy hom aan­staan­de jaar gaan in­voer of nie.

Die Kicks is nie heel­te­mal ’n ver­ras­sing nie. Die groep wil lank­al ’n klein sport­nuts ge­reed hê vir ont­wik­ke­len­de lan­de waar ko­pers ’n voer­tuig met die goeie grond­vry­hoog­te van ’n tra­di­si­o­ne­le sport­nuts wil hê, maar nie nood­wen­dig die luuk­ses en hoë prys van sê maar ’n Ju­ke nie.

Nis­san het al in 2014 sy Kicks­kon­sep­mo­del op die São Pau­lo­mo­tor­skou uit­ge­stal. Die pro­duk­sie­weer­ga­we ver­skil nie veel van hom nie.

Fi­siek is hy ’n raps gro­ter as die Ju­ke, maar met ’n meer be­dees­de voor­koms. Hy be­nut ook die Eu­ro­pe­se Nis­san No­te se on­der­stel, wat ’n knerts lan­ger as die Ju­ke s’n is. Dit maak dat die Kicks lan­ger en bre­ër is en ’n lan­ger as­af­stand het. Die sti­le­ring is eg­ter meer in­ge­toë son­der die Ju­ke se e­nor­me wiel­boë en skerp ak­sen­te.

Die Kicks het ’n kon­ser­wa­tie­we, ver­ti­ka­le sier­roos­ter, sub­tie­le wiel­boë en ’n ef­fens da­len­de dak­lyn.

By die C-pi­laar is die swart­ge­verf­de pa­neel, om die “swe­wen­de dak”-voor­koms te skep – die e­nig­ste kop­knik na he­den­daag­se ont­werp­ten­den­se. Tal­le voer­tuie span hier­die swart C-pi­laar in.

Soos die Re­nault Cap­tur, by­voor­beeld, wat ook so ’n “swe­wen­de” dak het, het die Kicks ’n dak wat in ’n an­der kleur as die res van die bak­werk te kry is.

On­danks die gro­ter lyf en meer bin­ne­ruim­te is die Kicks een­vou­dig dog smaak­vol af­ge­werk bin­ne, om die prys la­er te hou.

Op die pro­duk­roos­ter se prys­lys sal die Kicks on­der die Ju­ke moet in­skuif; van­daar die een­vou­di­ger af­wer­king bin­ne.

Nis­san sê wel dat die Kicks ’n groot raak­skerm sal hê van waar jy sy nuts­funk­sies, sat­na­v­stel­sel en ra­dio sal kan be­heer.

Hy sal ook koord­lo­se kop­pe­ling met jou slim­foon bied.

An­der teg­notruuks sluit in vier ka­me­ras rond­om die mo­tor wat jou ’n beeld rond­om die mo­tor, van bo af be­skou, bied. Dit help wan­neer jy in smal ruim­tes moet par­keer.

Ver­wag ook ’n tru­k­a­me­ra en blin­de­kol­gon­sers.

Min in­lig­ting is oor sy en­jin­reeks be­kend, maar ons ver­moed dat die Qashqai se 1,2 li- ter-pe­trol­tur­bo on­der meer diens sal doen in die Kicks. Dit sal aan ’n ses­gang­hand­rat- of ’n ses­gang- ou­to­ma­tie­se rat­kas ge­kop­pel wees.

As Nis­san hom teen die reg­te prys ver­koop, be­hoort hy in Suid-A­fri­ka goed te vaar. Nis­san se nu­we Qashqai is reeds baie ge­wild.

Ge­meet aan die Ford E­coS­port en die Re­nault Cap­tur lyk die Kicks da­rem nie te vaal nie.

Wan­neer hy in Suid-A­fri­ka be­ken ge­stel sal word, is nog nie be­kend nie.

Nis­san se nu­we Kicks is ’n kom­pak­te sport­nuts wat ’n raps gro­ter as die Ju­ke is, maar ’n een­vou­di­ger bin­ne­ruim (en dus ’n la­er prys) sal hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.