G’n chroom vir dié re­tro­ge­vaar­te

Beeld - - Motors -

Har­ley-Da­vid­son se jong­ste weer­ga­we van sy Sof­tail-fa­mi­lie is dees­dae in die land te kry. Maar hier­die keer het hy ’n heer­li­ke re­tro-voor­koms wat ’n ste­wi­ge kop­knik gee aan die café ra­cers van vyf de­ka­des ge­le­de.

Die nu­we Sof­tail Slim her­in­ner sterk aan Har­ley se S­port­ster 48 van so drie jaar ge­le­de, die eer­ste mo­del wat dié nu­we en ge­wil­de voor­koms ont­vang het.

Daar is min tier­lan­tyn­tjies en geen chroom in sig nie.

Die groot wind­skerm van vo­ri­ge Sof­tails is weg; in ste­de het jy net die en­ke­le, ron­de hoof­lig op die breë, swart ge­verf­de stuur­stang.

Die lang skok­bre­kers en uit­skop-voor­wiel is steeds daar, maar die mod­der­skerm is stomp en die band daar on­der lek­ker vet, pik­swart en met ’n hoë pro­fiel.

Kyk dan ook na die en­jin: Als wat ge­woon­lik chroom sou wees, is nou swart ge­verf. Uit­la­te, en­jin, die lot.

Na­tuur­lik lyk dit als tref­fend. Ons hou van die Sof­tail se swart af­wer­king – dit gee hom ’n lek­ker har­de­kwas- en ous­kool-voor­koms. Kyk ook na sy saal. Wel, eer­der is dit ’n sit­plek, want in die ver­le­de was die Sof­tails her­ken­baar aan hul lang, traps­ge­wy­se saals.

Nou is daar net ’n en­kel­sit­plek wat soos ’n ou trek­ker­sit­plek lyk.

Maar die fyn ak­sen­te is o­ral te be­speur: Die saal het ’n mooi reg­uit­naat­pa­troon-stik­werk op.

In Har­ley se toer­fa­mi­lie is die Ro­ad King die gro­ter fiets, met die E­lec­tra G­li­de en die­sul­kes (met hul wind­skerms en tal­le saal­sak­ke) die ou­er broers in die ge­sin.

Die Sof­tail was op sy beurt ef­fe klei­ner, ’n bie­tjie goed­ko­per en der­hal­we ook baie ge­wild om­dat hy ’n goeie prys aan ko­pers ge­bied het.

Maar hier­die jong­ste in­kar­na­sie bied iets heel­te­mal nuuts, en ons ver­moed ook aan ’n nu­we, jon­ger ko­per.

Waar van­me­le­we se Sof­tails vol van die chroom was, am­per ’n chop­per van ouds met ’n hoë stuur­stang, is hier­die nu­we Sof­tail veel eer­der ’n straat­fiets. Iets waar­by jy ’n swart leer­baad­jie, don­ker de­nims en swart leer­ste­wels wil aan­trek. Har­ley se nu­we Sof­tail Slim S het ’n lek­ker ge­stroop­te voor­koms en ’n pik­swart af­wer­king. Ons hou van die oop ge­sig en stomp mod­der­skerms by die vet ban­de.

Moet hom eg­ter nie skuins aan­kyk nie. Die Sof­tail sit dees­dae Mo­tor Ci­ty se “110”-en­jin tus­sen jou be­ne. Dis nou ku­bie­ke duim, wat in ons taal iets soos 1 800 cc be­te­ken. Dit is baie krag.

Har­ley sê draai jy hom oop, sal hy jou 145 Nm wring­krag teen net bo­kant lui­er­spoed gee. Ge­noeg om hom aan­stal­tes te laat maak.

Ons ken die ses­gang-rat­kas van die Sof­tail, en hoe­wel som­mi­ge re­ken dit is ’n moei­sa­me rat­kas, was ons er­va­ring nog al­tyd dat dit eer­der po­si­tief en so­lied voel.

Gaan hier­die pa­ra­dig­ma­skuif van Har­ley werk?

Ons dink tog so. Met sy vet ban­de en swart af­wer­king is hy nie net net­jies in pas met die jong­ste gier nie, maar hy bied ook ’n ver­bin­te­nis met die ou­er Fat Boy (wat Ar­nold S­chwar­ze­neg­ger in die fliek Ter­mi­na­tor ge­ry het).

Al wat die Sof­tail kan seer­maak, is sy prys.

Ont­hou, hy word in­ge­voer en die rand is ho­pe­loos pap. Maar so op sig be­oor­deel, maak die jong­ste Sof­tail baie sin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.