VW se ba­ba­nuts kry ’n bie­tjie lyf

Beeld - - Motors - ’n Op­ge­knap­te weer­ga­we van die Up kom vol­gen­de jaar na Suid­A­fri­ka.

Skaars ’n jaar na­dat die Up sy de­buut in SuidA­fri­ka ge­maak het, gaan Volks­wa­gen nou ook ’n vier­deur­weer­ga­we plaas­lik be­skik­baar hê.

Voor­heen was net die twee­deur­mo­del te kry, maar die vier­deur is al se­dert 2012 in Eu­ro­pe­se mark­te ’n al­ge­me­ne ge­sig. Hoe­wel die ek­stra stel deu­re niks aan die mo­tor­tjie se al­ge­he­le leng­te ver­an­der het nie (3,5 m), is die as­af­stand ’n knerts lan­ger op 2,42 m.

Om­dat die ag­ter­wie­le ver­der te­rug­ge­skuif is, kon VW die ek­stra deu­re ag­ter in­pas. Die ven­sters kan eg­ter nie oop­rol nie – dit druk net aan die ag­ter­kant by die C-pi­laar na bui­te oop.

Nog ’n slim truuk wat VW aan­ge­wend het, was om die ag­ter­ste sit­bank ’n raps ho­ër te lig. Die rug­leu­nings van die twee voor­ste sit­plek­ke is ag­ter uit­ge­hol so­dat daar ’n sen­ti­me­ter of wat ek­stra plek vir jou knieë is as jy ag­ter sit. Daar is ook hol­tes on­der die sit­plek­ke voor jou so­dat die pas­sa­sier sy voe­te on­der die stoe­le kan in­skuif. Die vier­deur is ver­der i­den­ties aan sy drie­deur­stal­maat: die­self­de voor­koms bui­te en die­self­de af­wer­king op die in­stru­ment­pa­neel. Ook die een­li­ter-en­jin­tjie (drie si­lin­ders, 55 kW) is be­hou. Jy kies een van drie af­wer­kings, naam­lik Ta­ke Up, Mo­ve Up en Co­lour Up. ) Saam met die nu­we vier­deur-weer­ga­we is nou ’n op­win­den­de rak­ker ge­naamd Cross Up op die mo­del­ly­sie.

Die Cross Up is, soos die naam sug­ge­reer, ’n nuts­voer- )

Die ver­an­de­rings sal ’n fris­ser weer­ga­we van die een­li­ter-en­jin in­sluit, wat 66 kW en 160 Nm wring­krag sal bied. Fo­to’s: MOTORPICS

Mo­tors

Ge­kleur­de sit­plek­ke en ’n bont in­stru­ment­pa­neel vro­lik din­ge bin­ne op. Sil­wer ak­sen­te en ’n ho­ër grond­vry­hoog­te laat die par­man­ti­ge Cross Up da­de­lik uit­staan tus­sen sy ge­wo­ne stal­maats. Vier deu­re maak hom nou ook ’n prak­tie­se keu­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.