Groot mo­tor­fiets­fees by her­bou­de Ky­a­la­mi­ren­baan

Beeld - - Motors -

Die eer­ste groot uit­stal­ling wat by die nuut her­bou­de Ky­a­la­mi-ren­baan ge­hou gaan word, is spe­si­aal vir mo­tor­fiets­gees­drif­ti­ges.

Die SA Bi­ke Fe­s­ti­val sal van 27 tot 29 Mei plaas­vind en die or­ga­ni­seer­ders sê hul­le meen tot 20 000 men­se sal dit by­woon.

Ky­a­la­mi be­skik nou be­ne­wens ’n ver­be­ter­de ren­baan ook oor groot uit­stal­ruim­tes. Ver­vaar­di­gers soos on­der meer BMW, T­ri­umph, Ka­wa­sa­ki, In­di­an, Vic­to­ry, Po­la­ris, Lin­hai, Su­zu­ki, Ya­maha, Hon­da, SYM, KTM, Can-Am, Husq­var­na en Du­ca­ti gaan hul jong­ste ry­goed uit­stal. Be­lang­stel­len­des sal van die fiet­se op die baan kan be­proef.

Mo­tor­fiet­stoets­rit­te om die nu­we Ky­a­la­mi-ren­baan gaan een van die ge­wil­de ak­ti­wi­tei­te by van­jaar se mo­tor­fiets­fees wees. Toets­rit­te op die Du­ca­ti 1299 Pa­ni­ga­le S, BMW S1000 RR, KTM 1290 Su­perDu­ke R Ltd E­di­ti­on, Ka­wa­sa­ki ZX14-R, Su­zu­ki GSXR750 en Ya­maha R1 is reeds uit­ver­koop. So­wat 3 500 rit­te op meer as 70 mo­tor­fiet­se maak deel van die pro­gram uit.

Tal­le waag­hal­se en kuns­ry­ers, on­der wie die in­ter­na­si­o­na­le waag­hals en ag­ter­wiel­ry­er Ju­li­an “Ra­zorBack” Wel­sch van Frank­ryk op sy T­ri­umph S­treet T­ri­ple R, sal die eer­ste keer in Suid-A­fri­ka in ak­sie wees. Nog iets wat toe­skou­ers na hul a­sems sal laat snak, is die Mon- ster Gi­rls en die Le Ri­che Brot­hers wat ’n waag­hals­ver­to­ning soos min op hul veld­ry­mo­tor­fiet­se sal gee.

Dit is goeie nuus vir die be­dryf, aan­ge­sien die jaar­lik­se Amid-mo­tor­fiets­skou ver­le­de jaar weens ’n geld­te­kort ge­kan­sel­leer is en waar­skyn­lik van­jaar weer nie gaan plaas­vind nie. As hier­die twee­wiel­fees goed on­der­steun word, kan dit die Amidskou op die mo­tor­fiet­ska­len­der ver­vang.

Die or­ga­ni­seer­ders sê daar sal iets vir al­mal wees – al ry jy ’n toer­fiets, sport­fiets, veld­fiets, a­von­tuur­fiets of ’n laag­sit­fiets.

Be­ne­wens die nu­we fiet­se sal die han­de­werk van deel­ne­mers aan ’n cu­s­toms-kom­pe­ti­sie ook be­skou kan word. Daar gaan tal­le stal­le­tjies wees wat toe­be­ho­re ver­koop. En as jy nie daar iets vir jou fiets kan vind nie, kan jy al­tyd ’n ta­toe­ëer­merk vir jou­self kry.

Daar sal spe­si­a­le be­der­f­a­re­as vir kin­ders en vroue wees, as­ook ver­maak.

Kaar­tjies kos R190 per dag en toe­gang is gra­tis vir kin­ders on­der 12. Le­de van mo­tor­fiets­klubs en groot groe­pe be­taal R125.

Jy kan ook ’n ge­sins­kaart­jie (twee vol­was­se­nes en twee tie­ners) koop vir R600.

Daar is an­der pak­ket­te ook te koop, by­voor­beeld as jy meer as een dag wil gaan.

Meer be­son­der­he­de oor kaar­tjies is be­skik­baar by 086 1000 291 of by i­tic­kets.co.za.

Toer­tjies en waag­hal­se gaan ’n groot deel van die pret by die mo­tor­fiets­fees uit­maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.