Ros­si gaan op Mu­gel­lo pro­beer wen

Beeld - - Motors -

Mu­gel­lo word as Va­len­ti­no Ros­si se tuis­baan be­skou, maar tog het S­paan­se ry­ers die laas­te klom­pie ja­re die sep­ter op die I­ta­li­aan­se ren­baan ge­swaai.

Ros­si het we­lis­waar agt ag­ter­een­vol­gen­de oor­win­nings op Mu­gel­lo be­haal, maar die laas­te een was in 2008.

Hy het in die des­tyd­se 125 ccen 250 cc-klas hier oor­win­nings be­haal en la­ter ook in die 500 cc-klas.

Tot groot ple­sier van sy dui­sen­de on­der­steu­ners dra hy el­ke jaar op Mu­gel­lo ’n spe­si­a­le weer­ga­we van sy val­helm.

Son­dag sal hy graag sy on­der­steu­ners wil be­loon met ’n oor­win­ning, maar hy weet dit gaan taai wees. Sy span­maat op die an­der Mo­vis­tar Ya­maha, Jor­ge Lo­ren­zo, het self ’n goeie ver­to­nings­lys op Mu­gel­lo met vier oor­win­nings die laas­te klom­pie ja­re.

Lo­ren­zo en die an­der Span- jaard, Marc Már­quez op die Rep­sol Hon­da, sal Ros­si graag van sy eie me­di­sy­ne wil gee deur hom op sy tuis­baan te klop ná sy oor­win­ning ’n klom­pie we­ke ge­le­de op Je­rez in S­pan­je. Már­quez kon nog net een keer op Mu­gel­lo wen.

Net 12 pun­te skei die drie top­ja­ers in van­jaar se kam­pi­oen­skap. Lo­ren­zo het die voor­tou by Már­quez oor­ge­neem na­dat maar moet wag om te sien. Die twee was van­jaar al by­na ver­se­ker van meer as een po­di­um­plek net om kort voor die ein­de van die ren te val, te bots of weens me­ga­nie­se pro­ble­me te moet ont­trek.

) Kyk ge­rus ook voor die Mo­toGP na die Mo­to2- en Mo­to3-ak­sie wat as voe­dings­bron­ne vir Mo­toGP dien.

In Mo­to3 is Suid-A­fri­ka se Brad Bin­der ste­wig in die saal ná skit­teroowin­nings in die laas­te twee ren­ne.

Die rang­or­de in die wê­reld­mo­tor­fiets­kam­pi­oen­skap be­gin met die Mo­to3, dan die Mo­to2 en die vlag­skip Mo­toGP.

Mo­to3 ver­vang die des­tyd­se 125 cc-klas en ge­bruik nou en­kel­si­lin­der­fiet­se van 250 cc, wat ’n top­snel­heid van meer as 230 km/h kan be­reik.

Die des­tyd­se 250 cc-klas is ver­vang met die Mo­to2-klas, wat nou en­jins van 600 cc ge­bruik.

In die Mo­toGP-klas word en­jins van tot 1 000 cc ge­bruik.

Al­tyd tyd vir ’n grap­pie, maar die na­week se s­tryd op Mu­gel­lo gaan geen grap vir Va­len­ti­no Ros­si of e­ni­ge van sy me­de­din­gers wees nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.