Gord­han ge­pe­per oor ‘fi­nan­si­ë­le mis­daad’

Beeld - - Nuus - A­li­ces­ti­ne Oc­to­ber

Ure na­dat Pra­vin Gord­han, mi­nis­ter van fi­nan­sies, te­rug­ge­kap het oor sy drei­gen­de in­heg­te­nis­ne­ming weens be­weer­de spi­oe­na­sie, moes hy gis­ter in die par­le­ment bont­staan vir vrae oor fi­nan­si­ë­le mis­daad en die Gup­ta-fa­mi­lie.

Par­le­ments­le­de het de­bat ge­voer oor die Wy­si­gings­wets­ont­werp op die Fi­nan­si­ë­le In­tel­li­gen­sie­sen­trum.

Dié wets­ont­werp is be­doel om on­der meer geld­was­se­ry te keer en fi­nan­si­ë­le in­stel­lings kan in­ge­vol­ge daar­van ook ver­plig word om die geld­sa­ke van die land se top­po­li­ti­ci te be­kyk.

Die op­po­si­sie was op die aan­val en Da­vid May­nier, DA-LP, het be­na­druk: “Om niks (oor die Gup­tas) te doen nie, kan be­te­ken die mis­da­di­ger word toe­ge­laat om met sy buit van die mis­daad­to­neel te vlug.”

May­nier wou by Gord­han weet of die Gup­tas on­der­soek word, ver­al ná be­we­rings dat hul­le on­wet­tig kon­tant en ba­tes uit die land ge­neem het.

N­qa­ba­yom­zi K­wank­wa, UDM-LP, het saam­ge­stem. “Ons kan nie praat oor hoe om geld­was­se­ry te be­veg en dan an­der­pad kyk wan­neer daar be­we­rings is oor die Gup­tas wat geld land­uit neem nie. Dan kan al­mal maar steel en daar­mee weg­kom.”

ANC-LP’s het te­rug­ge­kap.

T­han­di To­bi­as het ge­sê sy ver­staan nie die “ob­ses­sie met die Gup­tas” nie.

Vol­gens haar is daar in die wets­ont­werp be­pa­lings oor in­vloed­ry­ke per­so­ne. “In­dien daar ge­tui­e­nis is wat bo e­ni­ge re­de­li­ke twy­fel is, moet men­se die ho­we na­der.”

Sy het LP’s ook daar­aan her­in­ner dat die ANC dié wets­ont­werp ge­ï­ni­si­eer het.

Gord­han het in sy toe­spraak daar­op ge­wys dat, in­ge­vol­ge die oor­spronk­li­ke wet, nóg hy as mi­nis­ter van fi­nan­sies nóg die di­rek­teur van die fi­nan­si­ë­le in­tel­li­gen­sie­sen­trum be­kend mag maak wie on­der­soek word.

“Dit is dus on­reg­ver­dig om te sê ons sloer.

“Ons en al die en­ti­tei­te wat aan my ver­slag doen, sal doen wat die wet ver­eis, son­der vrees of voor­oor­deel.”

Hy het ge­sê fi­nan­si­ë­le mis­daad is wê­reld­wyd ’n bron van kom­mer.

“Die on­lang­se Pa­na­ma-do­ku­men­te wat geld­was­se­ry deur ry­kes o­pen­baar maak en hoe hul­le be­las­ting ont­duik, is ’n voor­beeld hier­van.

“In­dien niks hier­aan ge­doen word nie, sal dit aan ons mo­re­le waar­des en die sta­bi­li­teit van ons sa­me­le­wing vreet.”

Die wets­ont­werp is in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring aan­vaar en vir goed­keu­ring na die Na­si­o­na­le Raad van Pro­vin­sies ver­wys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.