Die Bos­veld­bul

Mer­ce­des maak sy GLS nog be­geer­li­ker

Beeld - - Motors - Jan­nie Hen­nop

Daar is gróót en dan is daar Mer­ce­des-Benz se GLS. Die bie­lie van ’n sport­nuts wat voor­heen net GL ge­heet het, is pas op­ge­knap.

Die GLS is die S-klas van sport­nut­se, sê Mer­ce­des, met ver­wy­sing na sy groot en weel­de­ri­ge S-klas-se­dan wat ’n maat­staf stel vir an­der in sy seg­ment. Dis mis­kien nie ’n ver­ge­ly­king waar­van Ran­ge Ro­ver-ei­e­naars sal hou nie, maar ’n mens ver­staan wat Mer­ce­des daar­by be­doel – dis die groot­ste en bes­te wat dié ver­vaar­di­ger kan bied.

Die GLS is ’n nis­pro­duk, nie al­leen weens sy groot­te en prys nie, maar ook om­dat die raps klei­ner GLE (voor­heen ML) goed in­ge­bur­ger is on­der ko­pers van dié soort ry­goed.

Soos sy voor­gan­gers be­staan die GLS­reeks uit drie mo­del­le, die GLS 350d, (die­sel), die GLS 500 (pe­trol) en die GLS 63 AMG (pe­trol), met ’n rits op­si­o­ne­le ek­stras en pak­ket­te wat vir al drie be­skik­baar is.

Van en­jins ge­praat, al drie die en­jins is on­der han­de ge­neem en nog ’n klom­pie ki­lo­watts en new­ton­me­ters is uit die twee pe­tro­loon­de ge­wurg. Die die­sel se sy­fers bly on­ver­an­derd. Boon­op maak Mer­ce­des daar­op aan­spraak dat die brand­stof­ver­bruik ook by die op­knap­ping s baat ge­vind het.

Die groot nuus is eg­ter dat die GLS 350d en die GLS 500 se ou­to­ma­tie­se rat­kas­te nou ne­ge gan­ge teen­oor voor­heen se se­we het. Die AMG bly by se­we en span ’n spe­si­a­le spor­tratkas in wat speeds­hift heet.

’n Spe­si­a­le veld­ry­pak­ket, wat on­der meer ’n la­e­s­trekrat­kas en e­lek­tro­nie­se gren­dels op die voor- en ag­ter­as­se in­sluit, is op­si­o­neel be­skik­baar be­hal­we vir die AMG-mo­del. Van­weë sy spor­tie­we aard het die AMG ’n ek­stra sport­pro­gram as stan­daard.

Al drie mo­del­le spog nou met ses rit­keu­ses wat deur ’n nu­we draaiknop tus­sen die voor­ste sit­plek­ke be­heer word. Die nu­we pro­gram­me sluit ’n spe­si­a­le veld­ry- en ’n in­di­vi­du­e­le keu­se in, bui­ten die ge­wo­ne ge­mak-, gly- en sport­keu­ses. ’n Ses­de op­sie is die veld­ry-plus-keu­se en by die AMG is daar (stan­daard) die s­port-plus-keu­se.

Lug­ve­ring is stan­daard in al drie mo­del­le in die reeks.

Bin­ne is die GLS ook ver­nu­we en die in­stru­men­ta­sie lyk nou baie soos die GLE s’n. Dit trek nog baie na dié van sy voor­gan­ger, met’ n nu­we drie speek­s­tuur­wiel( voor­heen vier speek) en’ n gro­ter uit­lees­skerm voor in die mid­del wat die op­val­lend­ste ver­nu­wings is. Be­heer oor die skerm is deur die ver­vaar­di­ger se sag­te aan­raak­druk­muis wat ook nuut in die GLS is.

Die mo­del­le is om­vang­ryk toe­ge­rus en al drie is stan­daard toe­ge­rus met vei­lig­heid s-en ge­rief s toe­rus­ting soos blin­de­kol-en baan ver­laat waar­sku­wings.

Nu­we ma­te­ri­aal, meer leer­op­sies en meer a­lu­mi­ni­um-ak­sen­te ver­sterk die ka­juit se luuk­se sta­tus.

Moet ook nie ver­geet van Mer­ce­des se aan­spraak dat die GLS een van wei­nig wa­re se­we­sit­plek­kers is nie. Hier­by word be­doel se­we vol­was­se­nes kan in ge­mak oor ’n lang af­stand in die GLS ver­voer word. Boon­op vou die twee­de en der­de ry se sit­plek­ke e­lek­tries op of af vir mak­li­ke toe­gang of om die laai­ruim te ver­groot.

Bui­te het Mer­ce­des die GLS ’n meer op­val­len­de voor­aan­sig ge­gee. Die sier­roos­ter en lig­te (al­les nuut) is meer ver­ti­kaal ge­plaas en daar is ’n nu­we buf­fer wat gro­ter lug­in­la­te het in die ge­val van die AMG-mo­del.

Ag­ter­langs is al die mo­del­le se uit­laat­py­pe nou net­jies in die buf­fer ge­ïn­te­greer en nie meer weg­ge­steek soos voor­heen nie.

Op die pad stel die GLS nie te­leur nie. Soos sy voor­gan­ger is die rit aan­ge­naam en sag, die ka­juit stil en jy kom nie ag­ter jy be­stuur ’n voer­tuig wat meer as vyf me­ter lank is nie. Dit is wan­neer jy par­keer of vin­nig deur ’n draai gaan dat jy aan die groot­te en ge­wig van die GLS her­in­ner word.

Die klei­ner GLE sal waar­skyn­lik in die mees­te van die moont­li­ke ko­pers van die GLS se be­hoef­tes voor­sien. Dit is nou bui­ten as se­we vol­was­se­nes oor ’n lang af­stand ver­voer of mak­si­mum ruim­te ge­soek word en jy nie ’n V-klas wil aan­skaf nie.

Met al drie mo­del­le se pry­se wat se­we sy­fers be­vat, sal dit se­ker on­van­pas wees om te sê die GLS-reeks is nie te sleg ge­prys nie.

In­dien jy eg­ter kyk hoe­veel meer dit as sy Ja­pan­ne­se me­de­din­gers bied en hoe­veel duur­der die B­rit­se a­ris­to­kraat is, is die Mer­ce­des GLS dalk nie so uit­spat­tig duur nie.

En men­sig, die AMG weer­ga­we is soos ’n stut met die spoed van ’n vleu­el . . . ’n on­stuit­ba­re speel­maat.

Voor is die sier­roos­ter bre­ër en daar is nu­we lig­hul­se met LED­dagry­lig­te wat in die hoof­huls ge­ïn­te­greer is.

Die aan­raak­druk­muis om tal­le funk­sie meer te be­heer, is nou die­self­de as in an­der Mer­cs. Die an­der twee draaiknop­pe is vir die ver­skil­len­de rit­keu­ses en die ver­stel­ling van die lug­ve­ring.

Die GLS 350d se bin­ne­ruim en in­stru­men­ta­sie. let op die nu­we stuur­wiel en groot, nu­we in­lig­ting­skerm in die mid­del van die voor­pa­neel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.