N­kand­la: Re­ke­ning kom op 28 Ju­nie

Beeld - - Front Page - – Jan Ger­ber

Kaap­stad. – So, hoe­veel ís ’n brand­poel werd? Jy sal op 28 Ju­nie weet. Die te­sou­rie het gis­ter­mid­dag laat in ’n ver­kla­ring ge­sê hy sal die sper­tyd haal wat die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof ge­stel het om dié be­drag te be­paal.

Vol­gens die te­sou­rie vor­der sy werk goed.

Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof het in sy uit­spraak on­der meer die te­sou­rie op­drag ge­gee om bin­ne 60 dae te be­paal wat p­res. Ja­cob Zu­ma per­soon­lik vir die op­gra­de­rings by N­kand­la moet be­taal.

“Daar moet ken­nis ge­neem word dat die 60 dae waar­na die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof­uit­spraak ver- wys, na­we­ke en o­pen­ba­re va­kan­sie­dae uit­sluit. Die sper­tyd is 28 Ju­nie,” lui die ver­kla­ring.

“Die na­si­o­na­le te­sou­rie het ver­skeie stap­pe af­ge­han­del en die fi­na­le ver­slag sal met­ter­tyd aan die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof voor­ge­lê word. ’n Ge­de­tail­leer­de ver­slag, in­slui­tend die me­to­diek wat ge­volg is, sal op ’n ge­leë tyd uit­ge­reik word.”

Zu­ma sal bin­ne 45 dae na­dat die hof die te­sou­rie se sy­fers goed­ge­keur het, vir die swem­bad, wat hy Dins­dag weer ’n “brand­poel” ge­noem het, ’n bees­kraal, hoen­der­hok, am­fi­te­a­ter en be­soe­ker­sen­trum by N­kand­la moet be­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.