‘Band met na­me is e­mo­si­o­neel’

Sal ver­an­de­rings le­de be­na­deel, wil hof weet

Beeld - - Nuus - Car­ryn­Ann Nel

Die e­mo­si­o­ne­le en kul­tu­re­le ver­bin­te­nis wat men­se met straat­na­me het, sal daar­mee heen wees in­dien die ou straat­na­me in P­re­to­ria ver­wy­der word, het die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof gis­ter ge­hoor.

Die bur­ger­reg­te­or­ga­ni­sa­sie AfriForum en die Tshwane-mu­ni­si­pa­li­teit pak me­kaar in die hof oor die ver­an­de­ring van 27 straat­na­me.

AfriForum het in 2013 om ’n in­ter­dik ge­vra na­dat K­go­sient­so Ra­mokg­o­pa, uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter van Tshwane, aan­ge­kon­dig het dat 27 straat­na­me ver­an­der word.

Die hoog­ge­regs­hof het toe ’n tus- sen­tyd­se be­vel ge­gee dat die ou én nu­we na­me bly. Die bur­ge­mees­ter het eg­ter voort­ge­gaan om die ou straat­na­me te ver­wy­der.

AfriForum vra steeds dat die ou en nu­we straat­na­me be­houe bly, han­gen­de ’n her­sie­nings­aan­soek.

’n Da­tum vir die aan­soek moet nog be­paal word.

AfriForum se saak is nie dat die nu­we na­me weg­ge­vat moet word nie, maar dat die ou straat­na­me ook be­houe bly, het adv. Dolf Raath SC gis­ter vir AfriForum aan­ge­voer.

Op die vraag van hoof­reg­ter Mo­goeng Mo­goeng of dié wat ag­ting vir die ou straat­na­me het, “seer­ge­maak” sal word in­dien die na­me ver­wy­der word, het Raath “ja” ge­sê. “Hier­die na­me het ’n e­mo­si­o­ne­le ver­bin­te­nis vir men­se.”

Mo­goeng het ge­sê uit AfriForum se oog­punt het sy le­de ’n baie sterk en in­tie­me ver­bin­te­nis met hul “A­fri­kaan­se hel­de”.

“Dit maak ’n in­te­gre­ren­de deel uit van wie hul­le as men­se is, hoe hul­le hul­self sien, wie hul­le is. In­dien dit ’n kul­tu­re­le reg is (om hier­die straat­na­me te be­hou), waar­oor ek nog nie se­ker is of dit wel die ge­val is nie, waar­om sou hul­le nié be­na­deel word in­dien die na­me ver­an­der nie,” het Mo­goeng aan adv. Ter­ry Mo­tau SC, vir die Tshwane-mu­ni­si­pa­li­teit, ge­vra.

Mo­tau het ge­ant­woord daar kan nie ’n na­deel vir AfriForum-le­de wees nie.

Daar kan nie uit­son­de­rings ge­maak word vir ’n se­ke­re groep men­se nie. “Straat­na­me ont­staan as ge­volg van ge­skie­de­nis. Géén spe­si­fie­ke groep is ge­reg­tig op ’n straat­naam nie.”

Mo­goeng wou weet van die meer­der­heid swart men­se wat ’n baie “sterk ge­voel” oor Hen­drik Ver­woerd se naam het.

“Moet hul­le aan­hou ly as hul­le sy naam sien? Sal hul­le ook ’n hof kan na­der en sê hul­le wil nie meer Hen­drik Ver­woerd se naam sien nie?”

Uit­spraak is voor­be­hou.

Fo­to: THEANA BREUGEM

S­ta­pels straat­naam­bor­de met die ou na­me van strate in P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.