ANC­LP: ‘Van Rie­beeck steel als 2 000 j. te­rug’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Nie al­mal wat Suid-A­fri­ka be­soek – soos Jan van Rie­beeck wat des­tyds hier aan­ge­kom het – kom met die reg­te voor­ne­mens nie.

So het De­bo­rah Di­neo Ra­pu­thi, ANC-par­le­ments­lid, gis­ter ge­sê kort voor­dat die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring (NV) die Wy­si­gings­wets­ont­werp op Im­mi­gra­sie aan­vaar het.

Dié wets­ont­werp maak voor­sie- ning vir straf­maat­re­ëls vir bui­te­lan­ders wat lan­ger in Suid-A­fri­ka aan­bly as wat hul vi­sums toe­laat.

Van die straf­maat­re­ëls is dat bui­te­lan­ders wat hul ver­blyf in die land oor­skry, vir ’n be­paal­de tyd nie weer in aan­mer­king kan kom vir ’n vi­sum of vir ’n per­ma­nen­te ver­blyf­per­mit nie en nie toe­gang tot die land kan kry nie.

Bui­te­lan­ders wat tans hul ver­blyf oor­skry, kan ook be­boet word.

Ra­pu­thi het in die de­bat op die wy­si­gings­wets­ont­werp ge­sê toe Van Rie­beeck “2 000 jaar ge­le­de” hier aan­ge­kom het, was dit om ’n half­weg­sta­sie te bou.

“Hul­le het al­les ge­steel, selfs ons waar­dig­heid om­dat hul­le mis­bruik ge­maak het van ons goed­heid,” het sy ge­sê.

Sy is uit die op­po­si­sie­ban­ke ge­kog­gel toe ’n DA-LP op ’n punt van or­de daar­op ge­wys het dat Van Rie­beeck nie 2 000 jaar ge­le­de na SuidA­fri­ka ge­kom het nie.

“Op wat­ter da­tum hy ook al hier aan­ge­kom het, het­sy dit 2 000 jaar ge­le­de of wat ook al is, hul­le het ons grond ge­steel. Dit is waar­om die ANC ons waar­dig­heid wil te­rug­bring,” het Ra­pu­thi ge­sê.

Le­mi­as Mashi­le, voor­sit­ter van die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor bin­ne­land­se sa­ke, het die wy­si­gings as nood­saak­lik en drin­gend be­stem­pel en ge­sê dit sal help om die vloei van bui­te­lan­ders in die land te re­gu­leer.

Op­po­si­sie­par­tye het die wy­si­gings aan­vaar.

Die wy­si­gings­wets­ont­werp is vir oor­we­ging na die Na­si­o­na­le Raad van Pro­vin­sies (NRP) ver­wys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.