On­der­rig in moe­der­taal: A­fri­ka, skrik wak­ker!

Beeld - - Nuus - Pie­ter du Toit Dr. E­le­a­nor Cor­ne­li­us

“Men­se van A­fri­ka, word wak­ker! Moe­der­taal­on­der­rig is die ant­woord vir die pro­ble­me in on­der­wys en op­lei­ding!”

Dit was gis­ter die plei­dooi van dr. Lo­lie Mak­hu­bu, ’n taal­spe­si­a­lis van die Dur­ban-U­ni­ver­si­teit vir Teg­no­lo­gie (DUT), by die o­pe­ning van die ATKV en die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg (UJ) se meer­ta­lig­heids­na­week in So­we­to.

Mak­hu­bu het ge­sê daar is ’n ge­skied­kun­di­ge wan­per­sep­sie dat En­gels die e­nig­ste poort tot op­hef­fing is.

“Moe­der­taal­on­der­rig is o­ral ter wê­reld die in-ding en Suid-A­fri­ka moet be­sef dit is die ant­woord. As jy Ja­pan, of Frank­ryk of Duits­land be­soek, is die taal waar­in hul­le praat hul moe­der­taal, nie En­gels nie.

“Ek is nie an­ti-En­gels nie, maar as ’n Zoe­loe­spre­ken­de is dit be­lang­rik vir my dat my taal le­wen­dig bly, dat die taal by­hou en ont­wik­kel.

“Taal speel ’n be­lang­ri­ke rol in die be­houd van i­den­ti­teit en er­fe­nis. Ek is Zoe­loe, dis wie ek is. Ek gaan nie toe­laat dat my taal sterf nie. En ek is se­ker baie men­se voel die­self­de oor A­fri­kaans,” het Mak­hu­bu ge­sê, wat by­ge­voeg het sy het die TV­reeks Vyf­ster in haar jeug ge­volg.

Vol­gens haar knou die na­la­ten­skap van Ban­toe­on­der­wys die le­wens­krag­tig­heid van ta­le soos Zoe­loe en Sotho om­dat men­se on­der daar­die stel­sel wys­ge­maak is hul ta­le is nie goed ge­noeg om op­gang in die le­we te maak nie. “Dis ’n mi­te dat ’n taal soos Zoe­loe nie die woor­de­skat het om in die a­ka­de­mie en sa­ke­wê­reld te flo­reer nie.”

Mak­hu­bu, wat ’n kamp­veg­ter vir Zoe­loe as a­ka­de­mie­se taal aan die DUT is, sê taal mag nie ge­bruik word om men­se uit te sluit nie. “As jy dit doen, mis­bruik jy die grond­wet­li­ke plek van jou taal.”

E­ve­lyn Fer­rei­ra van die ATKV het ge­sê dit is sim­bo­lies om die meer­ta­lig­heids­na­week by die Hec­tor Pie­ter­son-mu­seum van sta­pel te stuur, 40 jaar ná die 1976-stu­den­te­pro­tes waar­van A­fri­kaans ’n snel­ler was.

Dr. E­le­a­nor Cor­ne­li­us, hoof van die de­par­te­ment lin­guis­tiek aan die UJ, het ge­waar­sku dat die de­bat oor meer­ta­lig­heid ver­po­li­ti­seer word. Fo­to’s: PIE­TER DU TOIT

Dr. Lo­lie Mak­hu­bu

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.