‘Rooi­bok­riel’ by kro­ko­dil ge­kiek

Beeld - - Nuus - Buks Vil­joen

Ge­duld is no­dig as jy die rooi­bok-ont­snap­dans wil sien.

Agt uur se ge­duld was T­re­vor Bar­nett van Gau­teng se suk­ses­re­sep toe hy on­langs ’n fo­to van ’n rooi­bok ge­neem het wat weg­kom van ’n kro­ko­dil by die S­we­ni-uit­kyk­punt in die Kru­ger­wild­tuin.

“Ek is van na­tu­re ’n ge­dul­di­ge mens. Men­se kyk my maar skeef aan as ek by ’n wa­ter­gat in die wild­tuin sit en el­ke keer as hul­le daar ver­by­kom, sit ek steeds daar,” sê Bar­nett.

Hy was vroeg­og­gend by die S­we­ni-uit­kyk­punt, wat langs die S37-pad na­by die S­we­ni­ri­vier so­wat 5 km van die N’wanet­si-piek­niek­plek is.

“Ek het die kro­ko­dil in die wa­ter ge­sien en ge­weet hy wag vir kos.

“Jong rooi­bok­kies het ver- skeie ke­re in die loop van die dag by die wa­ter­gat kom drink.

“In ’n sta­di­um het die klein­tjies sen­ti­me­ters van waar die kro­ko­dil se neus uit die wa­ter ge­steek het, ge­suip. Maar die kro­ko­dil het nie be­weeg nie. Dit was dui­de­lik dat hy ’n gro- ter maal­tyd soek.”

Kort ná mid­dag­e­tens­tyd het ’n trop rooi­bok­ke en wa­ter­bok­ke by die dam kom suip.

Die kro­ko­dil het weer dood­stil in die wa­ter ge­lê en toe al die bok­ke se bek­ke in die wa­ter is, het hy na hul­le ge­hap.

“Dit was mis en die bok­ke het ver­skrik in die lug ge­spring, so al as­of hul­le dans, en weg­ge­hard­loop,” het Bar­net ver­tel

Fo­to: T­RE­VOR BAR­NETT

’n Kro­ko­dil se mis­luk­te po­ging by die S­we­ni­uit­kyk­punt in die Kru­ger­wild­tuin om ’n rooi­bok te vang, is op ka­me­ra vas­ge­lê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.