A­lexa S­tra­chan sal nu­we fees in Pot­chef­stroom lei

Beeld - - Nuus - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

A­lexa S­tra­chan is van­jaar die fees­be­stuur­der van die Pot­chef­stroom-kuns­te­fees.

“Dit is reg­tig ’n heng­se uit­da­ging, want ek was nog nooit by fees­struk­tu­re be­trok­ke nie,” sê S­tra­chan, ’n ver­vaar­di­ger, skry­wer en re­gis­seur. “Maar ek is baie op­ge­won­de en en­toe­si­as­ties.”

Sy sê sy was so te­leur­ge­steld toe sy in die koe­rant lees dat Aard­klop nie voort­gaan nie.

“Ek was weer baie op­ge­won­de toe ek lees die fees gaan aan en nou nog so­veel te meer. Ek is mos eint­lik ’n ou Pot­chef­stro­mer, so dit is vir my op ’n ma­nier ’n tuis­koms. Ek kry baie op­roe­pe en die kuns­te­naars is ook baie bly die fees is te­rug Ek wil die fees graag te­rug­neem na die men­se toe.”

Ja­pie Gouws, woord­voer­der van ’n groep Aard­klop-be­lang­heb­ben­des, on­der an­de­re ver- teen­woor­di­gers van die Pot­chef­stroom-sa­ke­ka­mer, die stads­raad, ge­meen­skaps­lei­ers, die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit, bor­ge en me­de­wer­kers van Aard­klop oor die ja­re heen, het die aan­kon­di­ging gis­ter ge­doen.

Die fees vind van­jaar van 4 tot 9 Ok­to­ber plaas.

Die Aard­klop-stig­ting het in Maart aan­ge­kon­dig die fees, wat al so­wat 18 jaar in Pot­chef­stroom ge­hou word, gaan in sy hui­di­ge for­maat ge­staak word.

A­lexa S­tra­chan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.