SA sjef (67) sterf in slaap

Beeld - - Nuus - – Tar­ren ­Lee Ha­bel­gaarn

Die wê­reld­be­ken­de Suid-A­fri­kaan­se sjef dr. Bil­ly Gal­lag­her is gis­ter­og­gend in die ou­der­dom van 67 in sy slaap oor­le­de.

“Dit is met groot hart­seer dat ons die af­ster­we van ons ou­pa, men­tor en vriend aan­kon­dig. Bil­ly sal ge­mis word, maar sal voort­leef in ons har­te,” het sy fa­mi­lie op Fa­ce­book ge­skryf.

Gal­lag­her is in En­ge­land ge­bo­re en het in 1973 na Suid-A­fri­ka ver­huis.

Hy was meer as 21 jaar die pre­si­dent van die Suid-A­fri­kaan­se S­jefs­ver­e­ni­ging (Sa­ca). In 2000 is hy as die e­re­pre­si­dent van die Wê­reld­ver­e­ni­ging van S­jefs (Wa­cs) aan­ge­wys. Die ver­e­ni­ging het meer as 1 mil­joen le­de in 90 lan­de.

Hy was ook voor­sit­ter van die S­kool vir Toe­ris­me en Gas­vry­heid­stu­die in Jo­han­nes­burg, die uit­voe­ren­de di­rek­teur van die Sen­trum vir Ku­li­nê­re Uit­mun­tend­heid in Jo­han­nes­burg en die di­rek­teur van kom­mu­ni­ka­sie vir die Sout­hern Sun-ho­tel­groep in Jo­han­nes­burg.

Gal­lag­her word wê­reld­wyd be­skou as ’n i­ko­nie­se lei­er en men­tor in die kos- en drank­be­dryf.

Bil­ly Gal­lag­her

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.