Swart­wit­pens hol rond in Pta­strate ná hy uit re­ser­vaat ont­snap

Beeld - - Nuus - – Tar­ren­Lee Ha­bel­gaarn

’n Swart­wit­pens her­stel in ’n ty­de­li­ke kamp in die Groen­kloof-na­tuur­re­ser­vaat na­dat hy gis­ter ont­snap het.

Die bok is kort voor 06:00 skrams deur ’n mo­tor ge­tref en toe deur die strate van Val­hal­la in Cen­tu­ri­on ge­jaag. Na­tuur­be­waar­ders het hom uit­ein­de­lik vas­ge­keer en tot be­da­ring ge­bring.

Dr. An­ge­la Br­üns, ’n vee­arts van die Na­si­o­na­le Die­re­tuin in P­re­to­ria, se hulp is in­ge­roep. Sy het hom ’n kal­meer­mid­del toe­ge­dien so­dat hy ver­voer kon word.

Die bok is ge­blind­doek en in die die­re­tuin se bak­kie ge­laai.

Vol­gens die re­ser­vaat is die swart­wit­pens nie erns­tig be­seer nie.

Sers. Jo­han Crou­camp van die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Weer­mag het die bok op straat ge­sien en die po­li­sie ont­bied, het P­re­to­ria Re­kord be­rig. Kort na­dat die po­li­sie op die to­neel aan­ge­kom het, is die na­tuur­be­waar­ders ook ont­bied.

Swart­wit­pen­se is s­kaars en waar­de­vol­le die­re.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.